KRIEKET SUID-AFRIKA AKADEMIEWEEK (OUDTSHOORN)
7 September 2010
Die SWD krieketakademie wat volgende week aan die Krieket Suid-Afrika Akademieweek op Oudtshoorn gaan deelneem is agter: Justin Jordaan, Erinn Ewerts, Reavan Plaatjies, Lyndon Volkwyn, Christo van Schalkwyk, Bronwill Goede, Sydwill Williams, Geoffrey Pêrel en Emil Esau. Voor: Martin Coetzee, Willie Snyman (Kondisioneringsafrigter), Garry Hampson (Bestuurder van Akademie), Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieket), Johan Weyers (Bestuurder Amateurkrieket en Afrigting SWD Krieket), Douglas Baartman en Merlin Masimela.
Die 2010/11 krieketseisoen in die SWD skop amptelik Maandag af wanneer die SWD Krieketraad gasheer is vir die Krieket Suid-Afrika Akademie toernooi wat in Oudtshoorn plaasvind. Ses spanne neem tot Donderdag aan hierdie toernooi vir kusprovinsies deel. Die toernooi vir die binnelandse provinsies word oor dieselfde tyd in Kimberley aangebied. Maandag, Woensdag en Vrydag se wedstryde word oor 50 boulbeurte beslis terwyl die spanne elk twee Pro 20 wedstryde op Dinsdag sal speel.
Die SWD sal vanjaar vir die eerste keer met 'n volwaardige akademie-span aan die toernooi deelneem. Verskeie spelers met provinsiale ondervinding soos Douglas Baartman, Merlin Masimela, Erinn Ewerts en Martin Coetzee vorm deel van die SWD-span en die vertonings van die plaaslike span sal met belangstelling dopgehou word.
Volledige Artikel ...VERDIEN EKSTRA INKOMSTE AS KRIEKETTELLINGHOUER
23 Augustus 2010
Die SWD Kriekettellinghouersvereniging nooi voornemende tellinghouers in krieket uit om 'n ekstra inkomste op 'n maklike manier te verdien deur as kriekettellinghouer op te tree. Alle lede van die organisasie wat die tellinghouerkursus suksesvol voltooi en die geskeduleerde liga wedstryde optree sal vir hul dienste vergoed word.
Volledige Artikel ...SKEIDSREGTERSKURSUS
17 Augustus 2010
Die SWD Krieket skeidsregtersvereniging bied op Vrydag 27 Augustus 2010 'n kursus vir voornemende skeidsregters aan. Die opleiding sal plaasvind by die Groen Pawiljoen klubhuis by die REC Krieketveld in Oudtshoorn en duur van 15:00 - 21:00.
Volledige Artikel ...AFRIGTERS EN SPANBESTUURDERS VIR NASIONALE KRIEKETTOERNOOIE
17 Augustus 2010
Die SWD Krieketraad het onlangs die spanbestuurders en afrigters van hul skole-spanne bekend gemaak wat in Desember vanjaar aan die Nasionale Kriekettoernooie van Krieket Suid-Afrika deelneem.
Volledige Artikel ...KRIEKET SUID-AFRIKA WEDSTRYDBEPALING VIR 2010/11
10 Augustus 2010
Die SWD afrigter, Garry Hampson, verwelkom Phapama Fojela in die SWD kamp vir die nuwe seisoen. Fojela wat reeds 29 eersterangse en 29 eendag wedstryde vir die Grens gespeel het is die nuwe seisoen vir die SWD beskikbaar. Hy spog met 'n beste boulontleding in eersterangse krieket van 5/45.
Krieket Suid-Afrika het die afgelope week die wedstrydbepalings vir die 2010/11 provinsiale seisoen bekendgemaak. Die SWD senior-span wat in die KSA Uitdaagreeks meeding speel in dertien driedaagse sowel as eendaagse wedstryde waarvan sewe tuiswedstryde is. Die span skop hul bepalings af wanneer hulle oor die naweek 7-10 Oktober teen die Boland in die Paarl speel.
Volledige Artikel ...DEPARTMENT KULTUURSAKE EN SPORT: KLUBONTWIKKELINGSPROGRAM
10 Augustus 2010
Sewe krieketklubs in die SWD baat tans by die klubontwikkelingsprogram van die Departement van Kultuursake en Sport. Die program bied volledige finansiële ondersteuning vir vervoer van spanne asook uitrusting. Tydens die oorhandigingseremonie wat onlangs op Oudtshoorn plaasgevind het is Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieketraad), Cyrill Sibanda (Dysselsdorp Krieketklub), Pieter April (Ladismith Krieketklub), Marshall Boksman (Selbourne Krieketklub, Beaufort Wes), Dinilisiswe Grootboom (Bongolethu Krieketklub), Jonathan Machiel (Melkhoutfontein Krieketklub), Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Bennet Bailey (Waarnemende Direkteur Sport Bevordering: Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport), Nathaniël Hobbs (Ramblers Krieketklub), Simon Swigelaar (Lewenslange Ere-President SWD Krieketraad) en Sydney Fiellies (Sussex Krieketklub).
SWD KRIEKETRAAD ALGEMENE JAARVERGADERING
27 Julie 2010
Die negentiende Algemene Jaarvergadering van die SWD Krieketraad word Vrydag-aand om 18:30 by die Konferensielokaal van die African Sky Hotel (hoek van Baron van Reede en Van Der Riet Straat) in Oudtshoorn gehou.
Navrae kan gerig word deur Zenobia Nel by die SWD Krieketraad se kantoor te skakel by 044-272 6604. E-Pos navrae kan gerig word aan info@swdcricket.co.za.
SWD KRIEKETTELLINGHOUERS VERENIGING
27 Julie 2010
Eric Jacobs (Voorsitter van die SWD Tellinghouers Vereniging)
Mnr. Eric Jacobs is verlede week tydens die Algemene Jaarvergadering van die SWD Krieket Tellinghouers vereniging tot voorsitter van die liggaam herkies. Die res van die bestuur is Roebie Watermeyer (vise-voorsitter), Chrizelda Loff (sekretaris) en Herculus Odendaal (tesourier).
Die SWD Krieketraad gaan in Augustus weer opleiding aan voornemende tellinghouers verskaf. Navrae kan gerig word deur Pieter Stuurman by die SWD Krieketraad se kantoor te skakel by 044-272 6604 of 078 949 5494. E-Pos navrae kan gerig word aan pieters@swdcricket.co.za. Alternatiewelik kan Eric Jacobs by 082 488 6887 geskakel word vir enige navrae.
SKEIDSREGTERS NA NASIONALE KLUBKAMPIOENSKAPPE
27 Julie 2010
Die SWD Krieketraad se twee voorste skeidsregters, Jean Neethling en Faizel Samsoodien, is deur Krieket Suid-Afrika aangewys om as skeidsregters op te tree by die Nasionale Klubkampioenskappe wat gedurende September vanjaar in Pretoria plaasvind. Beide die skeidsregters het al voorheen by die toernooi opgetree en hoop om binnekort op die KSA Opkomende paneel opgeneem te word.
SWD HUISVES KRIEKET SA SE AKADEMIE TOERNOOI
6 Julie 2010
Die SWD Krieketraad sal weer in September vanjaar gasheer wees vir Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale akademie toernooi vir suidelike provinsies. Die toernooi wat oor die tydperk 13-16 September plaasvind sal op Oudtshoorn aangebied word. Die akademietoernooi vir noordelike provinsies vind oor dieselfde tydperk in Kimberley plaas.
Volledige Artikel ...FINALIS: MINI KRIEKET ADMINISTRATEUR VAN DIE JAAR
23 Junie 2010
Meryl Daniels (middel) wat aangewys is as finalis vir die kategorie as mini-krieketadminstrateur van die jaar vir die jaarlikse Krieket Suid-Afrika prysuitdelingsfunksie wat in Julie in Johannesburg gehou word. Saam met haar op die foto is Johan Weyers (links) Bestuurder Amateurkrieket en Afrigting SWD Krieket en Gary Moos (Mini krieket koördineerder van SWD Krieket)
'n Groot eer het Meryl Daniels, 'n opvoeder en ook die mini-krieket koördineerder van Amalienstein Primêre Skool te beurt geval toe sy as een van die drie finaliste aangewys is vir Krieket Suid-Afrika (KSA) se mini krieketadministrateur van die Jaar. Die wenner sal op 20 Julie aangewys word tydens die jaarlikse KSA prysuitdelingsfunksie wat in Johannesburg gehou word.
Daniels wat reeds die afgelope ses jaar intens by mini krieket betrokke is, is ook die onder-voorsitter van die Kannaland mini-krieket streek. Benewens mini krieket is sy ook die netbalafrigter van die skool en betrokke by inheemse spele - veral op plase waar die opheffing van agtergeblewe gemeenskappe haar 'n belangrike doelwit is.
PERSVERKLARING: ROELOF HUGO
15 Junie 2010
Roelof Hugo
Die SWD paaltjiewagter/kolwer Roelef Hugo vaar tans uitstekend vir sy klub, Heyside, in die die Saddleworth & District krieketliga in Manchester in Engeland. Na agt wedstryde beklee hy die tweede plek op die kolfgemiddelde (56.25) en het reeds 450 lopies gemoker wat 'n puik beurt van 132 insluit.
JONATHAN BEUKES
15 Junie 2010
Jonathan Beukes
'n Groot SWD krieketheld en kaptein van 'n paar seisoene gelede, Jonathan Beukes, sal weer in die 2010/11 seisoen vir die Suid-Kapenaars beskikbaar was. Beukes wat in 2007/08 kaptein en ster kolwer van die sukesevolle SWD span was en die afgelope twee seisoene vir die Vrystaat gespeel het, het die afgelope week sy beskikbaarheid vanuit Ierland bevestig waar hy tans krieket speel.
Sy teenwoordigheid sal die SWD kolflys uiters gedug maak het. Beukes wat ook vroeer vir die Diamond Eagles professionele span gespeel het, spog met 4596 eersterangse lopies in 83 eersterangse wedstryde wat 8 honderdtalle insluit. In 114 eendaagse wedstryde het hy 3291 lopies teen 'n gemiddeld van 34.28 behaal wat 4 honderdtalle insluit. Hy hou steeds die SWD rekord vir die hoogste telling in 'n eendaagse wedstryd (120 vs KwaZulu Natal in Durban). Hy was in die 2007/08 seisoen die SWD se Speler van die seisoen.
Volledige Artikel ...PRYSUITDELINGSFUNKSIE FOTO'S
8 Junie 2010
Sien die foto album van dié funksie hier onder "Photos."
SPORTBEURS: KURTLEY KANNEMEYER
3 Junie 2010

Die belowende krieketspeler van Hoërskool Punt, Kurtley Kannemeyer, het vanjaar weer 'n opvoedkundige krieketbeurs vanaf die SWD Krieketraad ontvang. Die beurse word deur Krieket Suid-Afrika gefinansier. Op die foto is Altus Wessels (krieketafrigter by Hoërskool Punt), André Visser (Vise-President SWD Krieketraad), Kannemeyer en Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte van SWD Krieket)
SWD KRIEKET PRYSUITDELINGSFUNKSIE
1 Junie 2010

Dr Mtutuzeli Nyoka, die President van Krieket Suid Afrika (middel) saam met die Hoof Uitvoerende Beampte, Albertus Kennedy en President van SWD Krieketraad tydens die SWD Krieketraad se Prysuitdelingsfunksie wat Vrydag-aand te Wilderness plaasgevind het.
Die SWD Krieketraad het Vrydag-aand tydens 'n glansgeleentheid wat by die VG International Wilderness Hotel plaasgevind het hul uitblinkers vir die 2009/10 seisoen vereer. Die President van Krieket Suid-Afrika (KSA), Dr Mtutzeli Nyoka, sowel as die Onder-Burgermeester van die Eden Distrikmunisipaliteit, Advokaat Fareed Stemment, het die geleentheid bygewoon.
Die briljante middelkolwer van die SWD senior-span, Gerhard Strydom het die trofee as Speler van die Jaar ingepalm. Hy was in beide die drie daagse en eendaagse kompetisie van KSA die voorste lopiemaker. In die driedaagse reeks het hy slegs die 29ste speler in die geskiedenis van eersterangse krieket in Suid-Afrika geword om 'n duisend lopies in 'n seisoen te moker. Hy het 1032 lopies behaal teen 'n gemiddeld van 41.28 en spog met 2 honderdtalle en 8 vyftigtalle. In die eendaagse reeks het hy 422 lopies aangeteken en in die proses Mark Boucher se Suid-Afrikaanse rekord vir die vinnigste 50-tal in eendag krieket in Suid-Afrika verpletter toe hy sy 50-tal teen Noordelikes van slegs 18 balle gemoker het.
Volledige Artikel ...SPORTBEURS: LANCE ROELFSE
18 Mei 2010

Lance Roelfse (tweede van regs) 'n leerder aan Hoërskool Outeniqua wat die SWD 0/15-span verlede jaar tydens die Krieket Suid-Afrika 0/15 Nasionale toernooi verteenwoordig het, het vanjaar 'n opvoedkundige beurs vanaf die SWD Krieketraad ontvang. Die beurse wat aan belowende krieketspelers toegeken word, word deur Krieket Suid-Afrika befonds. Tydens die oorhandiging is van links: Johan Weyers (Bestuurder Amateurkrieket en Afrigting), Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieket), Roelfse en mnr. Christo Vorster (Skoolhoof).
SPORTBEURS: CRESENDO MAKSELLA
18 Mei 2010

Cresendo Maksella (middel) 'n leerder aan Langenhoven Gimnasium wat die SWD 0/15-span verlede jaar tydens die Krieket Suid-Afrika 0/15 Nasionale toernooi verteenwoordig het het vanjaar 'n opvoedkundige beurs vanaf die SWD Krieketraad ontvang. Die beurse wat aan belowende krieketspelers toegeken word, word deur Krieket Suid-Afrika befonds. Tydens die oorhandiging is van links: Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieket), Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Bert Hanekom (Krieketafrigter Langenhoven Gimnasium) en Chris Swanepoel (Skoolhoof).
SWD KRIEKETAKADEMIE
18 Mei 2010

Die eerste krieketakademie in die geskiedenis van SWD Krieket het verlede week op Oudtshoorn begin en duur tot 20 September. Die inname is agter: Justin Jordaan, Erinn Ewerts, Reavan Plaatjies, Lyndon Volkwyn, Christo van Schalkwyk, Bronwill Goede, Sydwill Williams, Geoffrey Pêrel en Emil Esau. Voor: Martin Coetzee, Willie Snyman (Kondisioneringsafrigter), Garry Hampson (Bestuurder van Akademie), Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieket), Johan Weyers (Bestuurder Amateurkrieket en Afrigting SWD Krieket), Douglas Baartman en Merlin Masimela.
Lees verder oor die Krieketakademie op hierdie webtuiste.
SWD KRIEKETSPELERS OORSEE
18 Mei 2010
Die SWD aanvangskolwer, Niel Bredenkamp, wat gedurende die Engelse somer vir die Furness Krieketklub in Lancashire speel. Bredenkamp is volgende seisoen weer vir die SWD beskikbaar.
Met die Suid-Afrikaanse winter is daar verskeie krieketspelers van die SWD wat in die Engelse somer hul loopbane in die Noordelike Halfrond voortsit. Beide die SWD aanvangskolwers, Niel Bredenkamp (Furness Krieketklub in Lancashire) en Samm-Joe Avontuur (Irvine Krieketklub (Skotland) is oorsee terwyl die middelkolwers Burton de Wett (Nelson Krieketklub, Lancashire), Gerhard Strydom (Wellington Krieketklub, Ierland) en Rudy Hillerman (Lullington Park, Derbyshire) ook oorsee is.
Die paaltjiewagter/kolwer Roelof Hugo is reeds vir sy vierde seisoen by Heyside Krieketklub in Lancashire terwyl die draaibouler Stefan Grobler by Marborough & Littlethorpe in Leichesthire speel. Wessel Hartslief is by die Berkswill Krieketklub in Warwickshire terwyl die veelsydige William Hantam in die gesogte Lanchashire liga in Manchester speel.
Volledige Artikel ...SUSSEX PRYSUITDELINGSFUNKSIE
12 Mei 2010
Die Sussex Krieketklub van Mosselbaai het Saterdag-aand hul Prysuitdelingsfunksie gehou.
Mnr. Dudley du Plessis, Voorsitter van Sussex krieketklub (middel) saam met Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte SWD Krieketraad) en Rudy Claassen (President SWD Krieketraad)
Emil Esau (links) ontvang die toekenning as Speler van die Jaar van Rudy Claassen (President SWD Krieketraad)
DATUMS: NASIONALE KRIEKETTOERNOOIE
10 Mei 2010
Krieket Suid-Afrika (KSA) het onlangs die datums van die nasionale skoletoernooie vir 2010 bekendgemaak. Die vernaamste toernooi, naamlik die Coca Cola Khaya Majola O/18 toernooi word vanjaar deur die Vrystaatse Krieketunie aangebied en word vanaf 17-21 September in Bloemfontein gehou.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET AKADEMIE
22 April 2010
Die SWD Krieketraad het die name bekendgemaak van die dertien spelers wat gaan deel vorm van die heel eerste krieketakademie wat in die provinsie aangebied word. Die akademieprogram skop op 14 Mei af en duur tot 18 September wanneer die SWD aan die Nasionale Akademietoernooi gaan deelneem.
Volledige Artikel ...UNION STARS KWALIFISEER VIR NASIONALE KLUBKAMPIOENSKAPPE
1 April 2010
Die SWD Krieketraad se Premierliga kampioen vir die 2009/10 seisoen, Union Stars, het verlede week met sy KwaZulu Natal Binnelandse eweknie afgereken en speel nou in September in die Nasionale klubkampioenskapppe in Pretoria. Union Stars het die Universiteit van KwaZulu Natal in 'n uitspeelwedstryd wat Dinsdag in Pietermaritzburg beslis is met 33 lopies verslaan om een van die groot hoogtepunte in die klub se 118 jaar se bestaan te verseker.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET SKEIDSREGTERSVERENIGING PRYSUITDELINGSFUNKSIE
1 April 2010
Die SWD Krieketskeidsregtersvereniging het hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie vir die 2009/10 seisoen by die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai gehou waartydens die beste skeidsregters in die liga's vereer is. Die trofee wenners was (agter): Trevor van der Walt (Naaswenner: Premierliga), Glen Mennie (Beste Vordering), James Phillips (Wenner: Premierliga), Stuart Donovan (Wenner: Reserweliga), Kosie Smit (Naaswenner: Reserweliga), Jaco van Stryp (Wenner: Promosieliga), Neville du Plessis (Naaswenner: Vroueliga) en Levesto le Roux (Beste toewyding). Voor is Faizel Samsoodien (President SWD Skeidsregtersvereniging), Edgar Harper (Wenner: Vroueliga) en Ruth van der Merwe (Beste Adminstrateur).
CHEVROLET PRYSUITDELINGSFUNKSIE
1 April 2010
Die Chevrolet Warriors, waarvan SWD Krieket deel vorm, het verlede week hul prysuitdelingsfunksie by Axxess DSL St George's Park in Port Elizabeth gehou. Die Warriors het vanjaar beide die MTN40 en Standard Bank Pro20 titels ingepalm. Op die foto is die Hoofbestuurder van SWD Krieket, Albertus Kennedy en die President, Rudy Claasen saam met die Protea- en Warriors kolwer, Ashwell Prince tesame met die trofee's.
MOSSELBAAI VROUE KRIEKET PRYSUITDELEING
29 Maart 2010
Prysuitdelingsfunksie
Die Mosselbaai Vrouekrieketspan wat die afgelope seisoen die SWD Krieketraad se vroueliga gewen het, het Saterdag-aand hul prysuitdelingsfunksie by die Van Riebeeckstadion gehou. Rebecca Grundy (tweede van regs), wat die span se groot uitblinker was en ook die SWD-span se voorste speler was, is as die span se Speler van die Seisoen aangewys. Saam met haar op die foto is Albertus Kennedy (Algemene Bestuurder SWD Krieket), Clorida Ahrends (Koordineerder van Mosselbaai vrouekrieket) en Shireen Noble (Voorsitter van die SWD Krieketraad se Vrouekrieket komitee).
Volledige Artikel ...SA O/19 OEFENKAMP
29 Maart 2010
Marcello Piedt en Rian Botha
Twee van die SWD se belowendste jong spelers, Rian Botha en Marcello Piedt, is uitgenooi na die Krieket Suid-Afrika oefenkamp vir die SA 0/19 span. Die oefenkamp vind vanaf 9-13 April in Pretoria plaas met die oog op die kies van 'n SA 0/19-span wat later vanjaar in Zimbabwe toer en wat ook deel vorm van die kies van 'n span wat in 2012 aan die Internasionale Krieketraad se Wêreldbeker toernooi gaan deelneem.
Botha, wat in 2009 die SA Jongspan gehaal het en ook reeds vir die SWD senior span gespeel het, is 'n sterk kandidaat vir die span. Hy gaan ook tussen Mei en September vanjaar die OP Krieketakademie in Port Elizabeth bywoon.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD SE
29 Maart 2010
Johan Weyers, Bestuurder Afrigting en Ontwikkeling van die SWD Krieketraad
Die SWD Krieketraad het onlangs die kursusdatums vir die opleiding van afrigters in die provinsie bekendgemaak. Die belangrikste kursus, naamlik die Vlak II kursus word vanaf 6-20 September in George aangebied en is veral gemik op klubvlak sowel as vir senior skole.
Vyf mini-krieketkursusse word aangebied naamlik 3-5 Mei (George), 10-12 Mei (Plettenbergbaai), 17-19 Mei (Knysna), 19-21 Julie (Riversdal) en 26-28 Julie (Dysselsdorp). Wat die Orientasiekursus aanbetref 3-5 Mei (George), 10-12 Mei (Plettenbergbaai), 17-19 Mei (Knysna), 19-21 Julie (Riversdal) en 26-28 Julie (Dysselsdorp). Die datums vir die Vlak 1 kursusse is: 2-12 Augustus (Riversdal), 16-26 Augustus (Beaufort Wes) en 6-20 September (George).
Navrae kan gerig word aan Johan Weyers (Bestuurder Afrigting van die SWD Krieketraad) by 044-272 6604 of johanw@swdcricket.co.za. Verdere inligting is ook beskikbaar op die SWD Krieketraad se webtuiste by www.swdcricket.co.za.
KRIEKET SUID-AFRIKA MINI-KRIEKET TOER
29 Maart 2010
Krieket Suid-Afrika het die SWD onlangs besoek as deel van hul progam om die mini-krieketprogram in die provinsie te bevorder. Tydens hul besoek is agter: Johan Weyers (Bestuurder Jeugkrieket, Afrigting en Ontwikkeling), Lungelo Stuurman, Regina Wicomb, Merlin Masimela, Francois Visagie, Pieter Stuurman, Sammy-Joe Avontuur, Anton Ferreira (Bestuurder Afrigting; Krieket SA), Douglas Baartman, Albertus Kennedy (Hoofbestuurder SWD Krieket), Eugene Jacobs en Garry Hampson. Voor: David Makopanela (Bestuurder Mini Krieket; Krieket SA), Rudy Claassen (President SWD Krieket), Simon Swigelaar (Lewenslange Ere-President SWD Krieketraad) en Leratu Malakute (Kommunikasie beampte; Krieket SA)
KSA KLUBKAMPIOENKAPPE - UNION STARS KRIEKETKLUB
29 Maart 2010
Die krieketspan van Union Stars wat onlangs die SWD Premierliga gewen het reis hierdie week na Pietermaritzburg waar hulle teen die Universiteit van KwaZulu Natal te staan kom in 'n uitspeelwedstryd vir 'n plek in die Nasionale Klubkampioenskappe in September vanjaar. Tydens die vertrek van die span is agter: Kallie Weyers (Bestuurslid), Chris Andries (Spanbestuurder), Andre Olivier, Sammy-Joe Avontuur, Douglas Baartman, Merlin Masimela, Mario Jansen, Warren Ekstraal en Pat Sambo (Bestuurslid). Voor: Pieter Stuurman (kaptein), Justin Jordaan, Jason LaKay, Reagan Booysen, Geoffrey Perel en Derrick Jackson (Klubvoorsitter).
SWD VAAR PUIK IN KSA UITDAAGREEKS
29 Maart 2010
Die veelsydige William Hantam in aksie met die kolf. Hy beklee die derde plek op die kolfgemiddeldes in die KSA eendaagse reeks (415 lopies teen 'n gemiddeld van 59.28).
Die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks het die afgelope naweek ten einde geloop met die Oostelike Provinsie wat die driedaagse kompetisie ingepalm het en Noordelikes wat met die louere in die eendaagse kompetisie weggestap het. Die SWD het in die driedaagse reeks, wat eersterangse status geniet, baie goed gevaar en sesde uit veertien spanne geëindig.
Die Suid-Kapenaars het beter gevaar as groot provinsies soos Griekwas, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu Natal, Boland en Grens en in ag genome dat die SWD met 'n heelwat kleiner begroting moet klaarkom en ook nie toegang tot professionele spelers het nie is die prestasie merkwaardig. Genoemde spanne kan, indien spelers beskikbaar is, tot vyf gekontrakteerde franschise spelers per wedstryd inspan. In die eendaagse reeks het die SWD homself in die steek gelaat in twee wedstryde en het 11de geëindig.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD: PREMIERLIGA FINAAL
23 Maart 2010
Pieter Stuurman (links), kaptein en groot uitblinker van Union Stars, ontvang die Petersen Trofee as wenners van die SWD Krieketraad se Premierliga van mnr. Rudy Claassen (President SWD Krieketraad).
Union Stars is na 'n droogte van twee jaar weer die Premierliga kampioene van die SWD Krieketraad. Die span van Oudtshoorn het Saterdag 'n kwaai aanslag van Mosselbaai afgeweer maar was uiteindelik met 21 lopies baas in 'n opwindende kragmeting wat op die REC beslis is.
Union Stars, wat die loot gewen het en eerste gekolf het was met hul telling op 75/5 (25 boulbeurte) met die rug teen die muur nadat beide Nathan Murray (3/33) en Christopher Bosch (2/`18) met goeie boulwerk groot druk op hul kolwers geplaas het. Dit was egter hul kaptein en kolfyster, Pieter Stuurman (75; 101 balle, 2x6, 6x4), wat aansien aan hul kolfbeurt verleen het en die uiteindelike wenners instaat gestel het om 170 lopies op die telbord te plaas.
Volledige Artikel ...SWD SKOLE LIGA FINALE
23 Maart 2010
Die 0/19-span van Outeniqua wat vanjaar die SWD O/19 Superliga gewen het is Agter: Prieur du Plessis (afrigter), Johandre Barnard, Ruan Stander, Du Toit Hills, Roelf Vermeulen, Aldin Daniels, Gerrit Heynecke en Dane Bastiaan Voor: Henry Grifftith, Marcello Piedt, Byron Haycock, Kobus Scholtz (kaptein) en Lyrique du Plessis.
Hoërskool Outeniqua van George is vanjaar die SWD Skole krieket se Superliga 0/19 kampioen terwyl Oakdale die 0/15 titel ingepalm het nadat beide die skole sake in die finale uitgespook het.
In die 0/19 finaal het Oakdale danksy 'n goeie beurt deur Jeandré Rudolph (84) 168 lopies in hul kolfbeurt behaal waarna Outeniqua met Kobus Scholtz (50) aan die spits die wenteiken (170/4) met nog ses paaljties staande verbygesteek het. In die 0/15 finaal was Oakdale egter met 3 paaltjies baas nadat hulle in antwoord op 'n skaflike telling van Outeniqua (181/7) met 184/7 geantwoord het vir 'n oorwinning van 3 paaltjies.
Die opgesomde telkaarte is:
Volledige Artikel ...UNION STARS WEN SES-AAN-'N-KANT TOERNOOI
23 Maart 2010
Pieter Stuurman, kaptein van Union Stars, ontvang die trofee as wenners van die Turfworx en Oudtshoorn Munisipaliteit Ses-aan-'n-Kant toernooi wat in samewerking met die SWD Krieketraad aangebied is van Raadslid Wessie van der Westhuizen van die Oudtshoorn Munisipaliteit.
Union Stars Krieketklub het die naweek nog 'n trofee by die Petersen Trofee as wenners van die Premierliga en die SWD Krieketraad se Pro 20 titel gevoeg toe hy die Ses-aan-'n-Kant toernooi ingepalm het.
Die eerste toernooi van die aard wat deur Turfworx in samewerking met die Oudtshoorn Munisipaliteit en die SWD Krieketraad aangebied is het vir groot opwinding gesorg en Union Stars kon danksy 'n puik kolfvertoning deur sy SWD staatmaker, Pieter Stuurman, met Ramblers in die finaal afreken. Die wenspan het met 'n prysgeld van R5,000 weggestap terwyl Ramblers as naaswenners R2,500 in hul sakke gesteek het. George het die plaafinaal gewen deur Harlequins Magte in die finaal te klop.
Volledige Artikel ...SWD vs NAMIBIË
16 Maart 2010
Wenners in Windhoek!!!! Die SWD krieketspan wat die afgelope naweek in Windhoek met Namibië afgereken het is:
Agter: Riaan Botha, William Hantam, Burton de Wett (kaptein), Roelof Hugo, Raymond Avontuur (Sameroeper van die keurkomitee), Stefan Grobler, Wessel Hartslief en Rudy Claassen (President van SWD Krieketraad).
Middel: Albertus Kennedy (Algemene Bestuurder SWD Krieket), Garry Hampson (Afrigter), Rudi Hillerman en Niel Bredenkamp
Voor: Nathan Murray, Pieter Stuurman, Douglas Baartman, Justin Jordaan en Gerhard Strydom.
Die SWD krieketspan het die afgelope naweek sy provinsiale verpligtinge in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks op 'n hoogtepunt afgesluit toe hy beide die driedaagse en eendag wedstryd teen Namibië op die Wanderers Klub in Windhoek gewen het. In die meerdaagse reeks, met verskeie spanne wat nog hul verpligtinge moet voltooi, is die kanse baie goed dat die SWD onder die top ses spanne kan eindig. Dit is 'n merkwaardige prestasie aangesien dit 'n uitgemaakte saak is dat die SWD bo groot provinsies soos Boland, KwaZulu Natal, Noordwes, Vrystaat en Grens gaan eindig.
Die Suid-Kapenaars het in die driedaagse wedstryd as ware uit die as opgestaan en op die laaste dag vir vuurwerke gesorg vir 'n oorwinning van 33 lopies. Die SWD, wat ingestuur is om eerste te kolf kon slegs 110 lopies in hul eerste kolfbeurt bymekaar skraap met die kaptein, Burton de Wett (25) die beste kolwer.
Volledige Artikel ...PREMIERLIGA FINAAL: SWD KRIEKETRAAD
16 Maart 2010
Die Petersen Trofee wat Saterdag op die spel is in die eindwestryd van die premierliga finaal wat tussen Union Stars en Mosselbaai beslis sal word.
Een van die grootste gebeurtenisse op die krieketkalender van die SWD Krieketraad vind hierdie naweek plaas wanneer die premierliga finaal op die REC in Oudtshoorn beslis word. 'n Nuwe kampioen gaan ook in die proses gekroon word wanneer Union Stars, wat die titel reeds vier keer die afgelope tien jaar gewen het en Mosselbaai, wat in hul eerste finaal ooit sal speel, sake gaan uitspook.
Union Stars wemel van provinsiale spelers soos Sammy-Joe Avontuur, Burton de Wett, André Olivier, Pieter Stuurman, Merlin Masimela, Douglas Baartman en Justin Jordaan terwyl Mosselbaai self oor die dienste van Roelof Hugo, Stefan Grobler en Nathan Murray beskik.
Hoewel Union Stars dalk die gunstelinge mag wees sal hulle 'n groot fout maak om Mosselbaai te onderskat. Mosselbaai het die manne van Bridgton juis vroeer die seisoen met al hul provinsiale spelers in aksie op Oudtshoorn geklop.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETAKADEMIE
16 Maart 2010
Garry Hampson wat die bestuurder sal wees van die SWD Krieketraad se eerste krieketakademie wat vanjaar aangebied sal word.
Die krieketstrukture in die SWD, met spesifieke verwysing na die elite programme in die provinsie, het 'n groot hupstoot gekry toe die konsepplan en implimentering vir die daarstelling van die SWD Krieketraad se eerste krieketakademie onlangs goedgekeur is. Die akademie wat in Oudtshoorn gevestig gaan wees sal vanaf Mei tot September vanjaar strek en sal deur die hoofafrigter van die SWD-span, Garry Hampson bestuur word.
Volgens die Algemene Bestuurder van die SWD Krieket, Albertus Kennedy, verloor die provinsie jaarliks baie jong en belowende spelers en verskeie spelers in die provinsie sal wanneer daar aan spesifieke krieketvaardighede aandag geskenk word tot goeie provinsiale en selfs professionele spelers ontwikkel. Die akademie wat vir 'n inname van 12 spelers voorsiening maak sal op krieketvaardighede fokus maar voorsiening word ook gemaak vir kondisionering, fisiese toetse, lewensvaardighede, vaardighede in afrigting asook kennis van die reëls.
Volledige Artikel ...STANDARD BANK PRO 20 SKOLE LIGA
16 Maart 2010
Tydens die prysoorhandiging van die Standard Bank Pro 20 Uitdaagreeks vir SWD skole wat deur Oakdale Landbouskool gewen is van links is Niels Momberg (Bestuurder Skole Krieket, Krieket SA), Kingsley Hopkins (kaptein van Oakdale), Jonathan Carelse (Voorsitter SWD Skole Krieket) en André Latsky (Skoolfhoof Oakdale)
Oakdale Landbouskool het vanjaar die eerste wenners geword van die Standard Bank Pro20 skole kompetisie toe hulle Hoërskool Outeniqua in 'n opwindende eindstryd op die REC in Oudtshoorn met 6 paaltjies geklop het. Al die deelnemende skole in die provinsie het aan hierdie opwindende kompetisie deelgeneem wat danksy 'n groot finansiële inspuiting vanaf Standard Bank deur Krieket Suid-Afrika in al die provinsies aangebied is. Oakdale, wat R20,000 in hul sak gesteek het sal nou in Port Elizabeth teen die Oostelike Provinsie se skole wenner, Woodrige College of Hudson Park van Grens meeding en hoop om verder te vorder teen ander provinsiale wenners. Outeniqua het as naaswenner R10,000 verdien.
Volledige Artikel ...SWD vs NAMIBIË
9 Maart 2010
Die SWD bouler Douglas Baartman is die naweek 'n sleutelspeler vir die SWD in hul wedstyd teen Namibië in Windhoek. Hy spog reeds hierdie seisoen met 36 paaltjies in die drie-daagse kompetisie.
Die langste provinsiale seisoen in die geskiedenis van SWD Krieket kom hierdie naweek tot 'n einde wanneer die SWD na Windhoek reis waar hy Namibië in die Krieket Suid-Afrika se Uitdaagreeks pak. Die Suid-Kapenaars het veral in die driedaagse kompetisie goed gevaar en is tans in die 7de plek uit 14 spanne. 'n Regstreekse oorwinning in die driedaagse wedstryd kan die SWD tot die 6de plek laat opskuif.
Weens twee verbroude wedstryde in die eendaagse kompetisie is die SWD tans in die 11de plek en 'n oorwinning kan die SWD tot die 9 de plek laat opskuif. Die goeie nuus is egter dat die SWD bykans op volle sterkte is. Sammy-Joe Avontuur is terug na 'n handbesering terwyl Wessel Hartslief ook weer slaggereed is en in die plek van Bardo Fransman gekies is.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD: PREMIERLIGA SEMI FINAAL UITSLAE
9 Maart 2010
'n Nuwe kampioen in die Premierliga van die SWD Krieketraad sal op 20 Maart gekroon word wanneer Union Stars van Oudtshoorn en Mosselbaai mekaar in die finaal op die REC in Oudtshoorn aandurf. Beide hierdie klubs was aan die wenkant in die semi-finale rondte wedstryde wat die naweek beslis is.
Mosselbaai sal vir die eerste keer in die klub se geskiedenis in die finaal speel nadat hy George op Rooirivier-rift met 79 lopies verslaan het. Die veelsydige SWD speler, Stefan Grobler, was Mosselbaai se groot uitblinker. Die wenspan, wat eerste gekolf het, het danksy Grobler (43) en sy SWD spanmaat Roelof Hugo (22) op 'n moeilike kolfblad 147 lopies op die telbord geplaas en George daarna vir 'n skamele 68 lopies beperk. Grobler (4/10) was Mosselbaai se boulheld.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD: PROMOSIELIGA FINAAL
9 Maart 2010
Die span van Knysna Kavaliers wat Saterdag die Promosieliga van die SWD Krieketraad gewen het is agter: Rob Dixon, Mervyn Bock, Rory Hopper (kaptein), Garth Bock, Francois Bonthuys, Myles Rigby en voor: Robin Ouwenkamp, Byron Jantjies, Jade Lawrence, James Goliath en Pieter Bosman.
Knysna Kavaliers het Saterdag die Promosieliga van die SWD Krieketraad gewen en sal volgende seisoen weer saam met die top spanne in die Premierliga meeding. Kavaliers het Blanco in die eindwedstryd, wat op die REC in Oudtshoorn beslis is, maklik met 9 paaltjies geklop.
Blanco, wat eerste gekolf het, kon slegs 123 lopies in hul kolfbeurt bymekaar skraap waarna Knysna die wenteiken (124/1) reeds in die 27ste van hul toegelate 45 boulbeurte behaal het. Twee oud SWD-spelers, Mervyn Bock (3/19) en Francois Bock (3/16) was die wenspan se boulhelde terwyl Robert Dixon (54*; 1x6, 6x4) en Jade Lawrence (40*) vir 'n onoorwonne vennootskap van 98 lopies om die 2de paaltjie gesorg het.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD: RESERWELIGA FINAAL
9 Maart 2010
Die B-span van Mosselbaai nadat hulle die naweek die Reserweliga van die SWD Krieketraad gewen het is agter: Hennie Cremer (Voorsitter: Mosselbaai Krieketklub, Yusif Samsoodien, Dirk Hofveldt (kaptein), Greg Elliot, Heinrich Hatthee, Buks Burmeister, François Cilliers, Dirk Lewis (Spanbestuurder)
Voor is Gerald Witbooi, Kobus Bekker, Gerhard Lewis, Hardus Cremer, Ruan Stander en Wesley Dearham.
Mosselbaai 'B' is die nuwe kampioene in die Reserweliga van die SWD Krieketraad nadat hulle Sussex 'B' , ook van Mosselbaai, Sondag in die finaal op die REC in Oudtshoorn maklik met 7 paaltjies geklop het. Die naasbeste spanne van Premier- en Promosieliga klubs ding in hierdie liga mee en dit was Mosselbaai se eerste sukses in die liga.
Sussex, wat eerste gekolf het kon slegs 143 lopies op die telbord plaas. Gershwin Sparks (37) was Sussex se beste kolwer terwyl Gerald Witbooi (3/27), Heinrich Matthee (2/23) en Dirk Hofveld (2/12) die wenspan se beste boulers was. Mosselbaai, met 'n aggresiewe Buks Burmeister (87; 37 balle, 4x6, 13x4) aan die spits, het die wenteiken van 144/3 reeds in die 21ste boulbeurt behaal het.
Volledige Artikel ...SWD vs VRYSTAAT
3 Maart 2010
Die SWD middelkolwer, Gerhard Strydom, het die naweek geskiedenis gemaak deur 1 000 eersterangse lopies in een seisoen aan te teken. Daardeur word hy slegs die 30ste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse krieket om hierdie uitsonderlike mylpaal te bereik.
Die SWD krieketspan het die afgelope naweek beide sy twee kragmetings in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks wat op die OUTsurance ovaal in Bloemfontein plaasgeving het verloor.
Vrystaat het in die driedaagse wedstryd eerste gekolf en danksy honderdtalle deur Divan van Wyk (136) en Jonathan Beukes (120*) 365/4 in hul kolfbeurt behaal. Die SWD is daarna vir slegs 143 lopies uitgeboul met slegs Gerhard Strydom (47; 8x4) wat die boulwerk kon baasraak. In hul opvolgbeurt het dit veel beter gegaan en die SWD het vir 112 lopies gekolf voordat hulle vir 295 lopies uitgeboul is. Die kaptein Burton de Wett (63; 3x6, 6x4), Strydom (44; 8x4) en Rudy Hillerman (48; 4x4) was die beste kolwers. Die tuisspan het die wenteiken (78/2) behaal vir 'n oorwinning van 8 paaltjies.
Volledige Artikel ...MOSSELBAAI WEN SWD VROUELIGA
3 Maart 2010
Die vrouekrieketspan van Mosselbaai het George se vyf jaar lange heerskappy verbreek toe hulle die SWD Vroueliga gewen het. Mosselbaai het die eindwedstryd in die liga, wat Saterdag op die REC op Oudtshoorn beslis is, oortuigend met 71 lopies gewen.
Volledige Artikel ...LIGA BEPALINGS: SWD KRIEKETRAAD
3 Maart 2010
Die halfeindrondte wedstryde in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad, wat beloof om vir groot opwinding te sorg, word Saterdag beslis. Beide spanne beskik oor die dienste van hul provinsiale spelers en veral die kragmeting op Pacaltsdorp tussen die tuisspan en Union Stars beloof om vir vuurwerke te sorg. Union Stars is gelaai met verskeie provinsiale spelers soos Burton de Wett, Pieter Stuurman, Justin Jordaan en Douglas Baartman en hoewel die tuisspan sonder die dienste van die beseerde Nigel Brouwers moet klaarkom is hulle altyd 'n gevaarlike kalant op hul tuisveld.
Volledige Artikel ...PROMOSIE- EN RESERWELIGA UITSLAE
3 Maart 2010
Knysna Kavaliers en Blanco United, beide spanne wat die afgelope twee seisoene hul Premierliga status verloor het, pak mekaar Saterdag op die REC in Oudtshoorn in die Promosieliga finaal. Die wenner sal volgende seisoen outomaties na die premierliga gepromoveer word.
Dit volg nadat beide hierdie spanne hul halfeindrondte wedstryde wat die afgelope naweek beslis is, gewen het. Knysna Kavaliers was met 39 lopies baas teen NMMU het in hul kolfbeurt 128 lopies behaal het en NMMU vir slegs 89 lopies beperk. Blanco het verras en Harlequins Magte met 29 lopies geklop. Blanco het 'n beskeie telling van 139 lopies op die telbord geplaas maar Harlequins daarna vir slegs 110 lopies uitgeboul vir 'n oorwinning van 29 lopies. In die reserweliga finaal wat Sondag op die REC in Oudtshoorn beslis word pak twee spanne van Mosselbaai mekaar in die finaal. Mosselbaai B wat reeds deurgedring het speel teen Sussex se naasbestes nadat die span van D'Almeida naelskraap met 1 lopie teen Pacaltsdorp B baas was. Sussex B het 113 lopies behaal en Pacaltsdorp B vir 112 lopies uitgeboul.
Volledige Artikel ...UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
23 Februarie 2010
Die laaste naweek van die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad was nie sonder opwinding nie maar George het egter soos verlede seisoen weer bo-aan die punteleer geëindig met Pacaltsdorp tweede, Union Stars derde en Mosselbaai vierde. Dit was dieselfde posisies as verlede seisoen. George en Mosselbaai sal nou op 6 Maart sake uitspook vir 'n plek in die finaal terwyl Pacaltsdorp en Union Stars op eersgenoemde se tuisveld in die ander semi-finaal gaan speel.
Pirates United het 'n stewige 217/7 teen George behaal maar 'n skitterende 100-tal deur Martin Coetzee (140) het die skaal in die guns van George geswaai en hulle was met 4 paaltjies baas nadat hulle 218/6 behaal het. In 'n wedstryd van lae tellings was Pacaltsdorp se totaal van 81 genoeg vir 'n naelskraapse oorwinning van 3 lopies nadat Union Stars met slegs 78 lopies kon antwoord.
Volledige Artikel ...VOORSKOU SWD KRIEKETRAAD LIGA FINALE
23 Februarie 2010
Met die alle ligabepalings van die SWD Krieketraad se verskillende liga kompetisies afgehandel bereik die liga's nou die pylvak wanneer die semi-finale en finale in die verskillende liga's afgehandel word.
Bongolethu (190/5) het hul laaste promosieliga wedstryd van die seisoen met 5 paaltjies teen Ladismith (189 almal uit) gewen maar NMMU en Knysna Kavaliers sal egter in die een halfeindrondte wedstryd wat Saterdag op Knysna gespeel word sake uitspook. Harlequins Magte en Blanco pak mekaar Sondag op die Weermag-velde in die ander halfeindrondte wedstryd.
Volledige Artikel ...SWD vs GRENS
23 Februarie 2010
Die SWD kaptein en middelkolwer, Burton de Wett, was die naweek een van die SWD se helde in hul oorwinning in die driedaagse wedstryd teen Grens op Oudtshoorn. De Wett het 108 lopies van 85 balle gemoker wat 6 sesse en 12 viere ingesluit het.
Die SWD krieketspan het die naweek op die REC in Oudtshoorn met nog 'n uitstekende vertoning voor 'n dag gekom toe hulle Grens oortuigend met 133 lopies verslaan het in die driedaagse wedstryd van Krieket Suid-Afrika se Uitdaagreeks. In die eendaagse wedstryd het die SWD kolwers veral teleurgestel en die besoekers was die oorwinnaars met 2 paaltjies.
Die SWD het eerste gekolf en danksy 'n vennootskap van 113 lopies om die eerste paaltjie tussen Niel Bredenkamp (57; 89 balle, 8x4) en Stefan Grobler (106; 185 balle, 13x4) 220 lopies in hul eerste kolfbeurt behaal. Dit was Grobler se eerste eersterangse honderdtal. Grens is in hul eerste kolfbeurt vir slegs 200 lopies uitgeboul met Burton de Wett (3/32) en Stefan Grober (3/37) die SWD se beste boulers. In SWD se tweede kolfbeurt het 'n prag 100-tal deur die kaptein Burton de Wett (108; 85 balle; 6x6, 12x4) die skaal in die SWD se guns geswaai. Hy is goed bygestaan deur Gerhard Strydom (51; 5x4) en die SWD het 247 in hul tweede beurt op die telbord geplaas. Grens is daarna vir 'n skamele 133 lopies uitgeknikker met Douglas Baartman (4/39) die mees suksesvolle bouler.
Volledige Artikel ...SWD vs KWAZULU-NATAL BINNELAND
16 Februarie 2010
Riaan Botha Die 18-jarige Riaan Botha, wat in sy debuutwedstryd vir die SWD gespeel het, het die naweek geskiedenis gemaak die hy die beste boulvertoning tot nog in 'n eersterangse wedstryd vir die SWD behaal het met 'n boulontleding van 6/26 teen KwaZulu Natal Binneland op Oudtshoorn. Op die foto lei hy die SWD span van die veld na sy prag vertoning saam met sy spanmaats (van links) Douglas Baartman, Burton de Wett (kaptein), Stefan Grobler, Botha en Niel Bredenkamp.
Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek met mening teruggeslaan en beide sy wedstryde in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks teen KwaZulu-Natal Binneland op die REC op Oudtshoorn gewen. In die driedaagse wedstryd het die tuisspan binne 'n bestek van twee dae met die manne van Pietermaritburg klaargespeel en met 5 paaltjies gewen terwyl hulle die eendaagse wedstryd met 13 lopies baas was.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: KLUBKRIEKET
16 Februarie 2010
Die laaste reeks wedstryde in die premierliga van die SWD Krieketraad word die naweek beslis. Dit is reeds 'n uitgemaakte saak dat Spur George, wat die naweek teen Pirates United speel, bo-aan die punteleer gaan eindig terwyl die volgorde van die ander vier semi-finaliste naamlik Union Stars, Pacaltsdorp United en Mosselbaai hierdie naweek bepaal gaan word. Die wedstryd wat die meeste belangstelling wek is juis die kragmeting op Pac'spark tussen Pacaltsdorp United en Union Stars. Mosselbaai speel op sy tuisveld terwyl Western Hope en Ramblers mekaar op Bridgton pak.
Volledige Artikel ...UITSLAE: SWD VROUEKRIEKET
16 Februarie 2010
Die SWD vrouekrieketspan het die afgelope naweek 'n teleurstellende seisoen op 'n laagtepunt afgesluit toe hulle beide hul wedstryde in die Krieket Suid-Afrika Vroue uitdaagreeks verloor het.
In die wedstryd teen Grens wat Saterdag op Buffalopark in Oos-London beslis is, het die SWD met 122 lopies verloor nadat hulle in antwoord op Grens se totaal van 176 met slegs 54 lopies kon antwoord. In die westryd teen OP wat op St George's Park beslis is, het die OP in hul toegelate 50 boulbeurte 189/5 behaal waarna die SWD met slegs 111 lopies kon antwoord. Die OP het dus die wedstryd met 78 lopies gewen.
Volledige Artikel ...SWD vs GRENS
16 Februarie 2010
Die SWD middelkolwer, Gerhard Strydom, wat reeds 871 eersterangse lopies die seisoen aangeteken het sal graag die naweek 'n stap nader aan die 1000 lopie kerf wil gee wanneer SWD die Grens op Oudtshoorn pak. Strydom is ook die voorste lopiemaker in die drie-daagse kompetisie.
Die SWD kom hierdie naweek op die Rec op Oudtshoorn in sy laaste tuiswedstryd van die seisoen teen die Grens te staan in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Na hierdie naweek moet die SWD nog teen Vrystaat (in Bloemfontein) en Namibie (in Windhoek) speel alvorens hul besigste seisoen ooit afgehandel is.
Beide SWD en Grens was die afgelope naweek in beide die driedaagse en eendaagse wedstryde aan die wentkant en hoewel die tuisspan bo die Grens in beide die kompetisies op die punteleer is het die manne van Oos London nuwe momentum in hul span wat die tafel dek vir 'n naweek van opwindende krieket.
Die SWD kolwers het in die onlangse paar wedstryde nog nie dieselfde hoogtes as vroer in die seisoen bereik nie en hulle sal beslis die naweek hul reputasies moet gestand doen. Rudy Hillerman behoort op sy pos te wees na 'n handbesering maar die aanvangskolwer, Sammy-Joe Avontuur sal buite aksie wees weens 'n gekraakte pinkie. Dit is onwaarskynlik dat William Hantam en Wessel Hartslief vir die wedstryd fiks sal wees. Die lopiesmasjien, Gerhard Strydom, sal graag hierdie naweek 'n stap nader wil gee aan 'n besonderse mylpaal van 1,000 eersterange lopies in die seisoen. Hy het reeds 871 lopies die seisoen aangeteken en sal graag die 1000 kerf wil verbysteek.
Volledige Artikel ...UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
16 Februarie 2010
Die voorlaaste reeks wedstryde in die SWD Krieketraad se premierliga is die naweek beslis en het geen verrassings opgelewer nie. Union Stars het vir Sussex met 17 lopies geklop nadat eersgenoemde 162 lopies behaal het en Sussex daarna tot 145 lopies beperk het.
Pirates United het die relagasiespook verjaag en danksy 'n skitterende boulvertoning deur Deagon May (7/25) vir Western Hope tot slegs 75 lopies beperk en het daarna die wenteiken (79/2) behaal vir 'n oortuigende oorwinning van 8 paaltjies. George het ook maklik met 8 paaltjies oor Mosselbaai afgereken nadat hulle Mosselbaai vir slegs 119 lopies beperk het en daarna danksy bydraes deur Zibi Stegman (38), Kevin Damons (35) en Wessel van Dyk (28*) die wenteiken bereik het. Pacaltsdorp United, wat Ramblers vir slegs 120 lopies uitgeboul het, was met 4 paaltjies aan die wenkant nadat Gilroy Saaiman (39*) en Errol Hector (44) met hardnekkige kolfwerk 'n verrassende nederlaag afgeweer het.
Volledige Artikel ...UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PROMOSIE- EN RESERWELIGA
16 Februarie 2010
Nelson Mandela Universiteit het sterk na vore getree en vir hulself 'n plek in die halfeindrondte verseker van die Promosieliga in die SWD Krieketraad nadat hulle vyf oorwinnings agtereenvolgens behaal het. Hulle sal in die een halfeindrondte teen Knysna Kavaliers te staan kom terwyl Harelquins Magte vir Blanco in die ander halfeindrondte sal pak. Die semi-finale in die liga word op 27 en 28 Februarie beslis.
Volledige Artikel ...SWD vs KWAZULU NATAL BINNELAND
10 Februarie 2010
Nathan Murray wat die naweek sy terugkeer maak tot die SWD krieketspan.
Die SWD krieketspan kry vanaf Donderdag op die REC op Oudtshoorn die geleentheid om te vergoed vir 'n onlangse paar teleurstellende vertonings wanneer hy KwaZulu Natal Binneland in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks pak.
Die tuisspan het 'n paar terugslae met beserings gehad staatmakers soos Rudi Hillerman en William Hantam sal nie die naweek in aksie wees nie. Dit het die deur oopgemaak vir Nathan Murray en Stefan Grobler terwyl die 18-jarige Riaan Botha wat tans goed op stryk is sy groot kans in groot geselskap kry. Hy sal die boulaanval saam met Wessel Hartslief begin. Sammy-Joe Avontuur en die kaptein Burton de Wett skuld die SWD groot beurte terwyl die paaljtiewagter/kolwer Roelof Hugo ook groter verantwoordelikheid as kolwer neem.
Volledige Artikel ...UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
9 Februarie 2010
In 'n opwindende naweek van klubkrieket in die SWD Krieketraad se premierliga het die liga voorloper, Spur George, sy eerste nederlaag op die lyf geloop terwyl die gedugte span van Union Stars vir die tweede naweek in 'n ry aan die verloorkant was.
Pacaltsdorp United het daarin geslaag om Spur George goedkoop vir slegs 110 lopies uit te boul en het daarna die wenteiken (111/6) vir 'n oorwinning van 4 paaltjies. Ruall de Reuck (34 met die kolf) en (3/24 met die bal) was Pacaltsdorp se groot uitblinker. Mosselbaai het op die Bridgton Sportterrein danksy 'n goeie kolfbydrae deur Brendell Carelse (58) 'n totaal van 198 op die telbord geplaas waarna hulle Union Stars vir 175 lopies uitgeboul het vir 'n oorwinning van 22 lopies. Burton de Wett (69) het hardnekkig vir die verloorspan gekolf terwyl Thomas Boucher (4/19) die wenspan se boulheld was.
Volledige Artikel ...UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PROMOSIE- EN RESERWELIGA
9 Februarie 2010
NMMU het die afgelope naweek sy opmars na 'n plek in die semi-finale van die SWD Krieketraad se promosieliga 'n groot hupstoot gegee met twee oortuigende oorwinnings oor Dysselsdorp op Saterdag (met 7 paaltjies) en Sondag (met 202 lopies). Thembalethu het verras met 'n oorwinning van 3 lopies oor Blanco terwyl beide Knysna Kavaliers (klop Melkhoutfontein met 8 paaltjies) en Harlequins (klop Bongolethu met 3 paaltjies) hul posisies op die punteleer verstewig het.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: KLUBKRIEKET
9 Februarie 2010
Die SWD Krieketraad se premierliga word die naweek voortgesit met die klubspanne wat sonder hul provinsiale staatmakers gaan wees. Union Stars kry die naweek die geleentheid om hul wendroogte te breek wanneer hulle na D'Almeida reis en teen Sussex te staan kom terwyl 'n interessante stryd tussen Mosselbaai en George beslis word. Western Hope speel op die Bridgton Sportterrein teen Pirates United terwyl Pacaltsdorp United die gunsteling is op sy tuisveld in sy kragmeting teen Ramblers.
Volledige Artikel ...SKEIDSREGTERSKURSUS (SWD KRIEKET)
4 Februarie 2010
Die SWD Krieketraad bied binnekort weer geleentheid vir voornemende skeidsregters met die aanbied van 'n kursus om beamptes te kwalifiseer. Die kursus word oor die tydperk 22 Februarie - 2 Maart 2010 (weeksdae) by die Laerskool Denneoord se klubhuis in George aangebied. Opleiding is gratis en kursusgangers sal van 'n reëlboek en studiemateriaal voorsien word. 'n Eksamen sal na afloop van die kursus afgelˆ word.
Navrae kan gerig word aan Koos van Tonder by 076 829 1540.
SWD vs BOLAND
3 Februarie 2010
Die SWD kolwer, Niel Bredenkamp, wat die afgelope naweek sy vierde eersterangse honderdtal (116; 154 balle, 1x6, 18x4) behaal het in die SWD se wedstryd teen Boland wat op Bolandpark in die Paarl beslis is. Bredenkamp het ook met die bal uitgeblink en 5/41 geneem.
Boland het in die driedaagse wedstryd danksy 'n puik beurt van 161 deur hul Cobra ster, Stiaan van Zyl 309/9 behaal met Niel Bredenkamp (5/41) wat vir die eerste keer in sy loopbaan vyf paaltjies in 'n beurt geneem het. Die SWD het daarna met 170 geantwoord en slegs Gerhard Strydom (68) en Pieter Stuurman (62*) kon as kolwers die mas opkom. Boland het in hul tweede beurt 237/4 behaal wat aan SWD die taak gelaat het om 377 vir 'n oorwinning te behaal. Die SWD het op die laaste dag die botoon gevoer en vir 101 boulbeurte gekolf en was aan die einde van die dag op 302/6. Bredenkamp (116; 154 balle, 1x6, 18x4) het skitterend gekolf en byna die wedstryd vir SWD beklink.
Volledige Artikel ...UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PROMOSIE- EN RESERWELIGA
2 Februarie 2010
NMMU het die naweek verras deur Harlequins maklik met 6 paaltjies te klop in die SWD Krieketraad se promosieliga. Knysna het sy kanse vir 'n plek in die halfeindrondte lewend gehou met 'n oorwinning van 76 lopies oor Pioneers. Blanco het ook 'n goeie oorwinning van 6 paaltjies oor Melkhoutfontein behaal.
Volledige Artikel ...UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
2 Februarie 2010
Ramblers het die afgelope naweek verras toe hy Union Stars met 7 paaltjies verslaan het in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad. Dit was Ramblers se eerste oorwinning van die seisoen nadat hulle Union Stars vir slegs 81 lopies uitgeboul het en daarna die wenteiken (83/3) maklik verbygesteek het.
In ander wedstryde het Pacaltsdorp United vir Sussex met 44 lopies verslaan nadat Gilroy Saaiman (99*) vir die wenspan met die kolf uitgeblink het in hul kolftotaal van 207/9. Sussex is daarna vir 163 lopies uitgeboul. George is steeds onoorwonne nadat hulle ondanks 'n lae eerstebeurt totaal van 131 vir Western Hope toto 69 lopies beperk het vir 'n oorwinning van 62 lopies. Andrew Moolman (6/35) was George se groot uitblinker met die bal.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: KLUBKRIEKET (6/7 FEBRUARIE 2010)
2 Februarie 2010
Die naweek se premierliga kompetisie in die SWD is gelaai met aksie wanneer die vier top spanne in die liga mekaar gaan aandurf. Union Stars kom op sy tuisveld teen Mosselbaai te staan terwyl George en Pacaltsdorp United op op Rooirivier-rift kragte meet. Hierdie spanne beskik almal oor die dienste van hul provinsiale spelers en klubkrieket van 'n goeie standaard word in die vooruitsig gestel. In die ander wedstryde kom Pirates teen Ramblers te staan terwyl Sussex vir Western Hope op D'Almeida aandurf. Na verlede naweek se skok oorwinning oor Union Stars sal Ramblers vol vertroue wees om die relegasiespook te verjaag in hul wedstryd teen Pirates.
In die Promosieliga kom Harlequins Magte in 'n belangrike wedstryd teen Bongolethu te staan. Beide spanne is in 'n wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte terwyl Blanco en Thembalethu se kragmeting om dieselfde rede belangrik is.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA UITSLAE
26 Januarie 2010
George is na die tiende rondte wedstryde in die SWD Krieketraad se premierliga steeds die enigste onoorwonne span in die liga en beklee derhalwe die boonste posisie op die punteleer. George, wat 176 lopies in hul kolfbeurt teen Sussex behaal het, was met 44 lopies aan die wenkant nadat hulle Sussex daarna vir 32 lopies uitgeboul het.
Volledige Artikel ...UITSLAE SWD VROUEKRIEKET
26 Januarie 2010
Die vrouekrieketspan van die SWD het 'n droewige naweek beleef nadat hulle beide wedstryde teen onderskeidelik die Boland en WP wat Saterdag en Sondag op die Van Riebeeckstadion in Mosselbaai plaasgevind het sleg verloor het.
Volledige Artikel ...UITSLAE: PROMOSIELIGA EN RESERWELIGA: SWD KRIEKETRAAD
26 Januarie 2010
Thembalethu het die naweek 'n skitterende oorwinning van 9 paaltjies oor Pioneers behaal in die Promosieliga van die SWD Krieketraad. Thembalethu het op sy tuisveld 198/1 in antwoord op Pioneers se 196 almal uit behaal. Knysna Kavaliers, Ladismith en Melkhoutfontein was ook in die wenkant in die liga.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: LIGABEPALINGS SWD KRIEKETRAAD (30/31 JANUARIE 2010)
26 Januarie 2010
Die elfde van veertien rondtes in die premierligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek beslis. Sussex pak Pacaltsdorp United op sy tuisveld en benodig niks minder as 'n oorwinning om in die wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte te bly. Western Hope en George spook sake op die Bridgton Sportterrein uit, Mosselbaai speel teen Pirates op die Van Riebeeckstadion terwyl Union Stars en Ramblers mekaar op die Bridgton Sportterrein aandurf.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: SWD vs GRIEKWAS
19 Januarie 2010
Roelof Hugo
VOORSKOU: SWD KRIEKETRAAD KLUBLIGA (23/24 JANUARIE 2010)
19 Januarie 2010
Die ligaprogram van die SWD Krieketraad word die naweek voortgesit en die kompetisies is besig om die pylvak te bereik. In die Premierliga pak Pirates United vir Union Stars terwyl Pacaltsdorp United vir Western Hope op sy tuisveld aandurf. Western Hope sal ten alle koste die wedstryd moet wen om in die wedloop te bly. Sussex reis na George waar hy die ligavoorloper op Rooirivier-rift aandurf. Indien Sussex kan verras met 'n oorwinning oor George sal hulle ook nog in die wedloop wees vir 'n plek in die halfeindrondte.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD KLUBLIGA (OPGESOMDE TELKAARTE: 16 JANUARIE 2010)
19 Januarie 2010
Die twee top spanne in die Promosieliga van die SWD Krieketraad, Knysna Kavaliers en Bongolethu, het beide die afgelope naweek oorwinnings in die liga behaal terwyl die vroue spanne van Mosselbaai en George beide oorwinnings behaal het. Hierdie twee spanne sal sake in die vroueliga finaal uitspook.
Volledige Artikel ...SWD: KRIEKET SUID-AFRIKA UITDAAGREEKS
12 Januarie 2010
Die afgelope naweek sal deur die SWD krieketspan onthou word as een van verspeelde kanse in hul wedstryde teen KwaZulu Natal in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Dit volg nadat die SWD die driedaagse wedstryd oorheers het en net nie kon afrond nie toe die wedstryd onbeslis ge-eindig het en daarna die eendaagse wedstryd deur hul vingers laat glip het en met 2 paaltjies verloor het.
Volledige Artikel ...LIGA BEPALINGS: SWD KRIEKETRAAD
12 Januarie 2010
Die ligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek voortgesit en met al die provinsiale spelers weer beskikbaar sal veral Union Stars die naweek uiters gedug wees wanneer hy Western Hope op die Bridgton Sportterrein aandurf. Mosselbaai pak Pacaltsdorp United op sy tuisveld en 'n nederlaag sal veral Pacaltsdorp se kanse op 'n plek in die semi-finaal knou.
Ramblers, wat relegasie in die gesig staar pak die onoorwonne liga voorloper, George, op sy tuisveld en het 'n oorwinning dringend nodig. George gaan egter op volle sterkte wees en sal 'n moeilike teenstander wees. Pirates United, wat met groot selfvertroue sal wees na hul oorwinning oor Pacaltsdorp reis na D'Almeida waar hulle Sussex aandurf. 'n Uiters interessante wedstryd word hier verwag. Die tuisspan beskik egter oor die dienste van sy SWD held, William Hantam.
Volledige Artikel ...PROMOSIE-, RESERWE- EN VROUELIGA UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD
12 Januarie 2010
Die opgesomde telkaarte in die SWD Krieketraad Promosie-, Reserwe- en Vroueliga wedstryde van die afgelope naweek is:
PROMOSIE LIGA
Ladismith teen Harlequins
Ladismith 143; Harlequins 147/4Harlequins wen met 6 paaltjies
Thembalethu teen Riversdal
Thembalethu 132; Riversdal 134/5Riversdal wen met 5 paaltjies
Blanco teen Mayflower
Mayflower 131; Blanco 134/6Blanco wen met 4 paaltjies
Volledige Artikel ...
PREMIERLIGA UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD
12 Januarie 2010
George het na die afgelope naweek se reeks wedstryde in die SWD Premierliga sy plek bo-aan die punteleer behou toe hy Union Stars op sy tuisveld met 8 lopies geklop het. George wat steeds onoorwonne in die liga is, het 135 lopies behaal en Union Stars daarna vir 136 lopies uitgeboul. In 'n groot verrassing het Pirates vir Pacaltsdorp United geskok en met 5 paaltjies geklop. Pacaltsdorp is vir slegs 96 lopies uitgeboul waarna Pirates 'n voltal bonuspunte behaal het en die wenteiken (97/5) met nog 5 paaljties staande verbygesteek het. Irvin Campher was skitterend op stryk vir die wenspan en het met die bal (5/14) en kolf (34*) uitgeblink.
Sussex was met 5 paaltjies baas teen Ramblers terwyl Mosselbaai bykans seker gemaak het vir 'n plek in die semi-finaal met 'n oorwinning van 116 lopies oor Western Hope.
Volledige Artikel ...SWD vs KWAZULU-NATAL
5 Januarie 2010
Die SWD snelbouler, Wessel Hartslief
Die krieketspan van die SWD speel vanaf Donderdag op die REC in Oudtshoorn teen KwaZulu Natal in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeeks. Die Suid-Kapenaars beklee tans die sesde plek uit veertien spanne in die beide die driedaagse en eendaagse reeks nadat hulle ses van hul dertien wedstryde voltooi het.
Hoewel verskeie spelers nog hul fiksheid moet bewys as gevolg van beserings is die kanse baie goed dat die SWD keurders vir die eerste keer hierdie seisoen 'n volsterkte span sal kan kies. Beserings het veral die boulaanval belemmer maar Wessel Hartslief, Bardo Fransman en Merlin Masimela behoort almal fiks te wees vir die wedstryd. Die paaltjiewagter, Roelof Hugo, wat 'n diep sny aan sy voet opgedoen het behoort ook op sy pos te wees.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET
5 Januarie 2010
Die plaaslike ligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek hervat na die Kersvakansie en dit is veral twee wedstryde in die Premierliga wat groot belangstelling wek. Die liga voorloper en onoorwonne span van George pak Union Stars op sy tuisveld, Rooirivier-rift, en met beide spanne sonder hul provinsiale staatmakers is George met 'n kort-kop die gunsteling. In die ander wedstryd van groot belang sal Mosselbaai op sy beste moet wees om sy aanspraak vir 'n plek in die halfeindrondte te verseker wanneer hy Western Hope op die Van Riebeeckstadion aandurf. In die ander twee premierliga wedstryde speel Pirates tuis teen Pacaltsdorp United terwyl Ramblers vir Sussex op Rosemoore aandurf.
Volledige Artikel ...SWD SKOLE SPELERS IN SA SPANNE
30 Desember 2009
Verskeie spelers van verteenwoordigende SWD Skole spanne wat onlangs aan nasionale toernooie van Krieket Suid-Afrika (KSA) deelgeneem het, het presteer deur vir meriete spanne gekies te word wat na afloop van hierdie toernooie aangewys is. Riaan Botha van Hoërskool Outeniqua, wat met 16 paaltjies - die meeste paaltjies tydens die Coca Cola Khaya Majola week - wat in Benoni plaasgevind het spog, is in die SA Jongspan opgeneem. Botha, wat ook hierdie seisoen 'n groot held vir die SWD 0/19 span in die KSA Driedaagse kompetisie was, kan homself werklik ongelukkig ag dat hy nie die SA Skolespan gehaal het nie. Sy beste boulontleding op die toernooi was 5/16 (vs Namibië).
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET
30 Desember 2009
Met ses van sy dertien liga wedstryde afgehandel beklee die SWD tans die sesde plek op die puntelys in beide die driedaagse- en eendaagse kompetisie van die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Die Suid-Kapenaars moet nog sewe wedstryde in beide reekse speel waarvan drie tuiswedstryde is en veral in die eendaagse reeks is die SWD sterk in die wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte. Twee verspeelde kanse teen onderskeidelik Gauteng en Noordwes het die SWD se kanse vir 'n stewiger posisie in die driedaagse reeks egter belemmer.
Volledige Artikel ...KRIEKET SUID-AFRIKA UITDAAGREEKS (SWD vs NOORDWES)
21 Desember 2009
Die hoogtepunt van die SWD se eerste kolfbeurt in die driedaagse wedstryd was 'n aanvangsvennootskap van 201 lopies (212 minute) om die eerste paaltjie tussen Sammy-Joe Avontuur (90; 152 balle, 13x4) en Niel Bredenkamp (91; 156 balle, 15x4). Dit is egter steeds 2 lopies minder as die SWD rekordvenootskap om die eerste paaltjie wat Avontuur en Jonathan Beukes in die 2007/08 seisoen behaal het.
Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek weer eens sy stem behoorlik dik gemaak en is nou sterk in die wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte van die eendag kompetisie in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Die SWD het Noordwes op Senwes Park in Potchefstroom met 20 lopies in die eendag wedstryd geklop terwyl die driedaagse wedstryd onbeslis ge-eindig het.
In die drie-daagse wedstryd het Noordwes 341/9 behaal waarna die SWD kolwers behoorlik hul staal gewys het en 425/7 op die telbord geplaas het vir 'n voorsprong van 84 lopies. Die hoogtepunt van die SWD kolfbeurt was 'n aanvangsvennootskap van 201 lopies (212 minute) om die eerste paaltjie tussen Sammy-Joe Avontuur (90; 152 balle, 13x4) en Niel Bredenkamp (91; 156 balle, 15x4). Noordwes is in hul tweede beurt vir 265 lopies uitgeboul wat aan die besoekers die taak gelaat het om 182 lopies te behaal om die wedstryd te beklink. Die Noordwes boulers het egter hard teruggeslaan en met die SWD se telling op 121/8 het 'n donderstorm 'n vroee einde aan die wedstryd gebring.
Volledige Artikel ...SWD vs NOORDWES
14 Desember 2009
Die krieketspan van die SWD reis hierdie naweek na Potchefstroom waar hulle die gedugte span van Noordwes vanaf Donderdag op Senwes Park aandurf in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeeks. Die Suid-Kapenaars beklee tans die sewende plek uit veertien spanne in die beide die driedaagse en eendaagse reeks nadat hulle vyf van hul dertien wedstryde voltooi het.
Die afriger Gary Hampson het genoeg rede om tevrede te wees met sy span se vertonings maar hy en die span besef dat 'n goeie vertoning in Potchefstroom noodsaaklik is om die momentum wat hulle opgebou het te behou en daarby in 'n goeie posisie te wees voor die Kersvakansie. Hy is veral tevrede met die kolwers se bydraes die seisoen en met die uitsondering van Niel Bredenkamp, wat juis teen sy oud-spanmaats speel, het al die top kolwers al die seisoen groot beurte gespeel.
Volledige Artikel ...UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PRO 20
14 Desember 2009
Pro 20 19: Pieter Stuurman (middel), kaptein van Union Stars, ontvang die Trofee as wenners van die SWD Krieketraad se Pro20 uitklopreeks van Rudy Claassen (links), President van die SWD Krieketraad. Albertus Kennedy (Bestuurder van SWD Krieket) is regs op die foto.
Die Union Stars Krieketklub van Oudtshoorn is die nuwe Pro 20 kampioene van die SWD Krieketraad nadat hulle George Sondag in die finaal op die REC in Oudtshoorn maklik met 5 paaltjies verslaan het. Die twee spanne het mekaar in die finaal ontmoet nadat hulle beide met gemak hul halfeindstryde vroeer die dag gewen het.
Union Stars in die eerste halfeindrondte wedstryd danksy goeie kolfbeurte deur Waldo Lategan (59*), Pieter Stuurman (49*) en Andre Olivier (49) 'n reuse totaal van 209/3 teen die verdedigende kampioene, Pacaltsdorp United, op die telbord geplaas. Akkurate boulwerk het die Pacaltsdorp kolwers tot slegs 132/7 beperk vir 'n oorwinning van 77 lopies aan Union Stars. Mosselbaai se kolwers kon nie die George boulaanval van William Basson (3/5), Peter Shamley (3/14) en Rudi Hillerman (2/6) baasraak nie en hulle is vir slegs 75 lopies uitgeboul. George het daarna die wenteiken (79/1) met nog 9 paaltjies staande verbygesteek.
Volledige Artikel ...PUNTESTAND SWD KRIEKETRAAD & UITSLAE (5/6 DESEMBER 2009)
8 Desember 2009
Met die premierligakompetisie van die SWD Krieketraad wat die halfpadmerk bereik het is George steeds die enigste onoorwonne span in die liga en beklee die boonste posisie op die punteleer. George het Saterdag 'n oortuigende oorwinning van 129 lopies oor Pirates United behaal. George het danksy goeie kolfbydraes deur Wessel van Dyk (88*) en Grant Simpson (51) 281/6 in hul toegelate 45 boulbeurte behaal en Pirates daarna vir 152 lopies uitgeboul.
Pacaltsdorp United het op die Bridgton Sportterrein teen Union Stars vasgeval en het met 7 paaltjies teen die tuisspan verloor. Mario Jansen (4/24) en Douglas Baartman (3/22) was op stryk met die bal en Pacaltsdorp is vir slegs 110 lopies beperk waarna Union Stars 'n voltal bonuspunte verseker het en die wenteiken met nog 7 paaltjies staande verbygesteek het. Mosselbaai het sy buurman, Sussex, danksy goeie boulwerk deur Christo van Schalkwyk (3/8) en Rowan Moore (3/24) vir slegs 118 lopies uitgeboul en daarna die wenteiken met nog 5 paaljties staande verbygesteek. Mosselbaai het daarna die verlangde wenteiken (125/5) verbygesteek vir 'n oorwinning van 5 paaltjies. Roelof Hugo (42*) was Mosselbaai se kolfheld.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD & UITSLAE (PROMOSIE-RESERWE- EN VROUELIGA)
8 Desember 2009
Verskeie wedstryde in die promosie-, reserwe- en vroueliga van die SWD Krieketraad is die naweek afgehandel. Die opgesomde telkaarte is:
PROMOSIE LIGA
Calitzdorp teen Ladismith
Ladismith 135; Calitzdorp 69Ladismith wen met 66 lopies
Blanco teen Pioneers
Blanco 135; Pioneers 121Blanco wen met 14 lopies
Mayflower teen Hartenbos
Mayflower 246/9; Hartenbos 141Mayflower wen met 105 lopies Volledige Artikel ...
VOORSKOU: SWD KRIEKETRAAD
1 Desember 2009
Die vier grotes in die Premierliga van die SWD Krieketraad het almal Saterdag deurgedring na die halfeindrondte van die die gewilde kompetisie nadat hulle almal Saterdag hul wedstryde op 'n drafstap gewen het. Union Stars was met 67 lopies baas teen sy buurman, Western Hope, terwyl Mosselbaai met 6 paaltjies teen Sussex gewen het. George het Knysna Kavaliers maklik met 9 paaltjies geklop. Die verdedigende kampioen, Pacaltsdorp het deurgedring nadat Pirates United nie hul wedstrydverpligting kon nakom nie.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET KLOP NOORDELIKES
24 November 2009
Die SWD middelkolwer, Pieter Stuurman (108; 163 balle, 3x6, 8x4) wat die naweek teen Noordelikes sy eerste eersterangse honderdtal behaal het in aksie in sy kolfbeurt.
Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek nog 'n roemryke oorwinning oor een van die groot provinsies in Suid-Afrikaanse krieket behaal toe hulle Noordelikes op Oudtshoorn in die driedaagse wedstryd in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks oortuigend met 8 paaltjies geklop het. Die tuisspan het die wedstryd deurgaans oorheers en het reeds vroeg 'n slag geslaan toe die besoekers, met Douglas Baartman (4/41) aan die spits in hul eerste beurt vir slegs 174 lopies uitgeboul is.
Volledige Artikel ...UITSLAE: PREMIERLIGA KOMPETISIE
24 November 2009
George is steeds die enigste onoorwonne span in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad nadat hy die naweek naelskraap met 2 lopies teen Mosselbaai aan die wenkant was. George het 202 lopies behaal waarna Mosselbaai met 200 lopies kon antwoord. Wessel van Dyk (30 met die kolf) en (3/29 met die bal) was George se groot uitblinker.
Volledige Artikel ...UITSLAE IN PROMOSIELIGA
24 November 2009
Bongolethu het die naweek vir 'n groot verrassing gesorg toe hulle Harlequins Magte in die Promosieliga van die SWD Krieketraad met 61 lopies verslaan het. Bongolethu het 188/9 opgestapel waarna hul Harlequins vir slegs 150 lopies uitgeboul het.
In ander wedstryde het Selbourne vir Calitzdorp met 61 lopies geklop terwyl Hartenbos sy posisie op die punteleer verstewig het met 'n oorwinning van 8 paaltjies oor Pioneers. Knsyna Kavaliers het Melkhoutfontein maklik met 8 paaltjies geklop, Mayflower was met 5 paaljties baas teen Riversdal terwyl Blanco ook weer op die wenpad is met 'n oorwinning van 5 paaltjies oor Thembalethu.
Volledige Artikel ...SWD VROUE PAK GRENS EN OOSTELIKE PROVINSIE
18 November 2009
Die SWD vroue krieketspan sal graag hierdie naweek hul merk wil maak in die Krieket SA Vroue Uitdaagreeks wanneer hulle die Grens en die Oostelike Provinsie in Oudtshoorn aandurf.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET vs NOORDELIKES
17 November 2009
Die SWD kaptein, Burton de Wett
Die krieketspan van die SWD kom van Donderdag-af op REC in Oudtshoorn teen die gedugte span van Noordelikes te staan in die Uitdaagreeks van Krieket Suid-Afrika. Die SWD sal na hul goeie vertonings van die afgelope naweek teen die Oostelike Provinsie vol vertroue wees vir hul stryd teen die Pretorianers maar hulle maak hulself egter reg vir 'n opdraende stryd.
Die SWD sal graag hul posisie op die punteleer in die drie-daagse kompetisie wil verbeter terwyl 'n oorwinning in die eendaagse wedstryd die SWD in 'n sterk posisie vir 'n moontlike plek in die halfeindrondte kan plaas. Noordelikes het twee van hul drie wedstryde in die driedaagse kompetisie gewen terwyl hulle nog sonder 'n oorwinning in die eendaagse kompetisie is. SWD het twee van hul vier eendaagse wedstryde gewen, een was presies gelykop terwyl hulle een verloor het.
Die SWD sal weer hierdie naweek sonder hul boul staatmaker, Wessel Hartslief, moet klaarkom terwyl daar ook onsekerheid heers oor die fiksheid van Nigel Brouwers. Die tuisspan het verlede week 'n vorige staatmaker, Bardo Fransman, ontbied en die kanse is goed dat hy weer die naweek sal speel.
Die eendag wedstryd word Sondag gespeel. Spel begin daagliks om 10:00 en toegang is gratis.
UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD LIGAS
17 November 2009
Die gesamentlike wenner van die SWD Krieketraad se premierliga van die vorige seisoen, George Krieketklub, is by die halfpadmerk van die kompetisie die liga voorloper en enigste onoorwonne span in die liga. Dit volg nadat hulle Saterdag die mede titelhouer, Pacaltsdorp United, op laasgenoemde se tuisveld oortuigend met 9 paaltjies verslaan het. Pacaltsdorp kon danksy beurte deur Michael Eksteen (50) en Enver Bezuidenhout (40) 193 lopies op die telbord plaas maar George het die wenteiken (194/1) met nog 9 paaltjies staande verbygesteek. Martin Coetzee (83*) het skitterend gekolf en hy is goed bygestaan deur Kevin Damons (45) en Zibi Stegman (39*).
Volledige Artikel ...KRIEKET SUID-AFRIKA UITDAAGREEKS
16 November 2009
Die drie SWD kolfhelde in die SWD se drie-daagse wedstryd teen die Oostelike Provinsie in Port Elizabeth saam met die afrigter Garry Hampson (2de van regs) is William Hantam (102; 162 balle, 14x4), wat sy eerste eersterangse honderdtal behaal het, Gerhard Strydom (134; 187 balle, 1x6, 24x4) en Rudi Hillerman (140*; 223 balle, 4x6, 20x4) wat die nuwe SWD rekordhouer is vir die hoogste telling in eersterangse krieket.
Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek teen die liga voorloper in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks in Port Elizabeth meegeding en die span het hom behoorlik goed van sy taak gekwyt. Die driedaagse wedstryd het onbeslis ge-eindig terwyl die eendaagse wedstryd op dramatiese wyse presies gelykop was.
Volledige Artikel ...UITSLAE: PREMIERLIGA KOMPETISIE (SWD KRIEKETRAAD)
12 November 2009
George is steeds die enigste onoorwonne span in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad nadat hy die naweek naelskraap met 2 lopies teen Mosselbaai aan die wenkant was. George het 202 lopies behaal waarna Mosselbaai met 200 lopies kon antwoord. Wessel van Dyk (30 met die kolf) en (3/29 met die bal) was George se groot uitblinker.
Western Hope se kolwers het die grondslap daargestel vir 'n goeie oorwinning oor van 96 lopies oor Pirates United toe die besoekers met Hendrik Oktober (48) aan die spits 163 lopies op die telbord geplaas het en Pirates daarna vir slegs 67 lopies uitgeboul het. Sydwill Williams (6/34) was die groot uitblinker. Union Stars het op sy tuisveld 'n oorwinning van 5 paaljties oor Sussex behaal toe Sussex in hul kolfbeurt vir 145 lopies uitgeboul is en Union Stars daarna met 147/5 geantwoord het. André Olivier (56) was Union Stars se kolfheld. Pacaltsdorp moes hard spook om Rambers onder te kry en was uiteindelik met 4 lopies baas. Pacaltsdorp kon danksy bydraes deur Ruall de Reuck (67) en Robin Hector (55) 'n stewige 241 lopies op die telbord plaas waarna Ramblers met 237/8 geantwoord het. Athur Lottering (53) en Phillip Rothman (44) het goed met die kolf vir die verloorspan uitgeblink en byna bygedra tot 'n groot opskudding.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKET vs GAUTENG
9 November 2009
Twee van die SWD se groot uitblinkers in die naweek se oorwinning oor Gauteng is die aanvangskolwer Niel Bredenkamp en die veelsydige William Hantam
Die krieketspan van die SWD het Saterdag op die REC in Oudtshoorn nog 'n glorieryke oorwinning op sy kerfstok geplaas nadat die Suid-Kapenaars die Gauteng Strikers in die eendagwedstryd van die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks met 26 lopies verslaan het. Dit het opgemaak vir die SWD se nederlaag van 7 lopies in die driedaagse wedstryd nadat die tuisspan net nie die knoop kon deurhaak nie.
In die eendaagse wedstryd het SWD 233 lopies aangeteken en was dit hoofsaaklik te danke aan Niel Bredenkamp (73; 75 balle; 3x6 en 6x4) asook William Hantam 65*; 47 balle; 2x6, 7x4) wat met die kolf uitgeblink het. Gauteng was in hul kolfbeurt met hul telling op 89/6 teen die planke en met Stephen Cook en Dane Vilas terug in die pawiljoen het 'n SWD oorwinning na 'n formaliteit gelyk. Gauteng het egter mooi teruggeveg maar 'n skitterende boulvertoning deur Merlin Masimela (3/41) het Gauteng tot 207 (almal uit) beperk.
Volledige Artikel ...SWD SPANFOTO
9 November 2009
Agterste Ry: André Olivier, Sammy-Joe Avontuur, Merlin Masimela, William Hantam, Roelof Hugo, Rudi Hillerman,
Niel Bredenkamp, Wessel Hartslief, Douglas Baartman & Nathan Murray
Voorste Ry: Garry Hampson (Afrigter), Gerhard Strydom, Rudy Claassen (President), Burton de Wett (Kaptein),
Nigel Brouwers (Onder-Kaptein), Albertus Kennedy (Hoof Uitvoerende Beampte), Pieter Stuurman & Raymond Avontuur
(Sameroeper van die Keurkomitee)
UITSLAE: SWD KLUBLIGA (PROMOSIE EN RESERWELIGA)
28 Oktober 2009
Thembalethu Krieketklub het die afgelope naweek weer gewys dat hy as nuweling in die liga sy man teen die groter klubs kan staan met 'n puik oorwinning van 3 paaltjies oor Knysna Kavaliers wat verlede jaar nog in die Premierliga gespeel het. In ander wedstryde in die Promosieliga van die SWD Krieketraad was NMMU met 15 lopies baas teen Calitzdorp terwyl Bongolethu vir Selbourne met 15 lopies verslaan het. Hartenbos (227/4) se kolwers was op hul stukke en het die groot wenteiken van suksesvol verbygesteek toe hulle Melkhoutfontein (226) met 6 paaljties geklop het.
Volledige Artikel ...VOORSKOU: SWD KRIEKET vs OOSTELIKES
27 Oktober 2009
Terence Davis-Taylor is terug in die SWD-span
Die SWD krieketspan kry hierdie naweek hul eerste kans om hul slag op tuisbodem te wys wanneer hulle Oostelikes vanaf Donderdag op die REC in Oudtshoorn aandurf in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Die eendagwedstryd word Sondag beslis.
Oostelikes is inderdaad 'n gedugte span en hulle het die SWD verlede jaar in die drie-daagse wedstryd met 'n beurt oorwinning in Benoni afgeransel maar die SWD is vasbeslote om die bordtjies te verhang. Die keurders het slegs een verandering aangebring aan die span wat twee weke gelede teen die WP gespeel het. Terence Davis-Taylor vervang sy klubmaat van George, Wessel Hartslief, in die beginspan en hy sal die boulaanval vir die SWD open. Die SWD kolflys het teen die WP groot vertroue ingeboesem en die Suid-Kapenaars sal duim vashou dat Sammy-Joe Avontuur genoegsaam van sy dyspierbesering herstel om die kolfbeurt saam met Niel Bredenkamp te begin.
Volledige Artikel ...SWD VROUE PAK WP EN BOLAND
27 Oktober 2009
Die kaptein van die SWD vroue span, Sonet Fourie
Die SWD vroue krieketspan begin hierdie naweek hul aanslag in die Krieket SA Vroue Uitdaagreeks wanneer hulle die Westelike Provinsie en die Boland aandurf.
Die SWD dames het verlede seisoen hul beste seisoen ooit gehad en die span sal graag wil voortbou op hul sukesesse. Die span bestaan uit verskeie gevestigde spelers en Rebecca Grundy, wat reeds vir Warwickshire in Engeland gespeel het, wat as deel van 'n uitruilooreenkoms in Suid-Afrika speel is die enigste nuweling in die span. Sonet Fourie sal weer die kaptein wees terwyl staatmakers van verlede seisoen soos Elzaan Pietersen, Annemie Koen, Hensculla Hoffman en Bernadine Bezuidenhout sleutelspelers is.
Die SWD speel Saterdag teen Boland op Stellenbosh terwyl die wedstryd teen die WP Sondag in Pinelands beslis sal word. WP en Boland het die afgelope paar jaar vroue krieket in Suid-Afrika oorheers.
UITSLAE: SWD KLUBLIGA (24 OKTOBER 2009)
27 Oktober 2009
Na afloop van die derde rondte van die SWD Premierliga is slegs verlede seisoen se finaliste, naamlik George en Pacaltsdorp United nog onoorwonne in die liga. Pacaltsdorp United moes eger die naweek hard spook om 'n omgekrapte Western Hope op die Bridgton Sportterrein tot oorgawe te dwing. Western Hope het 'n stewige totaal van 208/9 in sy toegelate 45 boulbeurte behaal waarna Pacaltsdorp danksy 'n puik beurte deur Ruall de Reuck (82) en Michael Eksteen (51*) met 5 paaltjies geseevier het. Op D'Almeida het George het 211 lopies in sy kolfbeurt teen Sussex behaal waarna Sussex vir 184 lopies uitgeboul is vir 'n oorwinning van 27 lopies. Die SWD kolwer, Rudi Hillerman (74) was die wenspan se groot uitblinker.
Volledige Artikel ...VERSLAG: SWD vs WESTELIKE PROVINSIE (DRIE-DAAGSE WEDSTRYD)
20 Oktober 2009
Sammy-Joe Avontuur wat die afgelope naweek sy tweede eersterangse honderdtal behaal het met 'n beurt van 123 lopies (308 minute, 229 balle, 2x6, 10x4) teen die Westelike Provinsie in Kaapstad
Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek een van die groot kanonne in Suid-Afrikaanse krieket op sy kerfstok gesit toe hy die Westelike Provinsie in die eendaagse wedstryd in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks met 1 lopie geklop het. In die wedstryd wat in Kaapstad plaasgevind het, het die lopies behoorlik gevloei en dit was veral kookwater kolfwerk deur die SWD se top kolwers asook 'n skitterende veldwerkpoging wat die knoop vir die besoekers deurgehaak het.
SWD, wat eerste gekolf het, het danksy bydraes deur Burton de Wett (74; 2x5, 4x4), Gerhard Strydom (66; 64 balle, 1x6, 8x4) en Roelof Hugo (54; 34 balle, 1x6, 5x4) 'n skaflike 246/6 op die telbord geplaas. Die vennootskap om die tweede paaltjie tussen de Wet en Strydom het 111 lopies beloop. Skitterende veldwerk met Pieter Stuurman en Merlin Masimela aan die spits het die Kapenaars tot 'n lopie te min beperk vir die SWD se eerste oorwinning van die seisoen.
In die driedaagse wedstryd was die SWD tot en met middagete op die laaste dag in beheer van sake maar 'n skitterende honderdtal deur Allister Gray (123) het die wedstryd in die WP se guns geswaai en die tuisspan het die wenlopies met nog 6 balle oor en 5 paaltjies staande verbygesteek. 'n Skitterende honderdtal deur Sammy Joe Avontuur (123; 308 minute, 229 balle, 2x6, 10x4) het SWD instaat gestel om 280/8 in hul tweede beurt te behaal. Die WP is daarna tot 236/9 beperk wat aan die SWD 'n eerste beurt voorsprong van 44 lopies besorg het. SWD is in hul tweede beurt vir 228 lopies uitgeboul met Burton de Wett (83; 204 balle 1x6, 7x4) die voorste lopiemaker. Die WP het daarna in hul kolfbeurt die verlangde wenteiken van 274 met nog 5 paaltjies verbygesteek.
Volledige Artikel ...VERSLAG: SWD KRIEKETRAAD
13 Oktober 2009
George, Pacaltsdorp United en Sussex is na die tweede rondte wedstryde in die SWD Premierliga die enigste drie onoorwonne spanne in die liga. George het danksy 'n skitterende honderdtal deur Gerhard Strydom (121) 316/7 in hul toegelate 35 boulbeurte behaal en Ramblers daarna vir slegs 121 lopies uitgeknikker vir 'n oorwinning van 167 lopies.
Pacaltsdorp United het egter verspot maklik met 9 paaltjies teen Mosselbaai gewen. Mosselbaai kon in hul toegelate 45 boulbeurte 174/9 aangeken waarna Pacaltsdorp danksy die kanonkolf van Nigel Brouwers (103*) die wenteiken (175/1) met nog 9 paaltjies staande verbygesteek. Union Stars het hul derby kragmeting op die Bridgton Sportterrein teen Western Hope maklik met 7 paaltjies gewen en het in die proses 'n voltal bonuspunte ingeoes.
Sussex het op Knysna in 'n wedstryd met lae tellings met 43 lopies teen Pirates United geseevier. Sussex kon slegs 120 lopies in hul kolfbeurt bymekaar skraap maar die boulwerk van William Hantam (2/15), Reaven Plaatjies (3/6) en Emile Esua (2/4) het Pirates tot slegs 77 lopies beperk.
Die opgesomde telkaarte is:
Volledige Artikel ...HOOFAFRIGTER: SWD KRIEKETSPAN
8 Oktober 2009
Gary Hampson
Garry Hampson is verlede week deur die SWD Krieketraad aangestel as die nuwe afrigter van die senior provinsiale krieketspan. Hampson, wat op 1 Oktober in sy nuwe pos aangestel is, was tot en met sy aanstelling die Bestuurder Afrigting by die KwaZulu Natal Binneland Krieketunie in Pietermaritzburg en was in sy speeldae vir die KwaZulu Natallers 'n groot doring in die SWD se vlees.
Hampson, wat aan Marizburg College op Pietermaritzburg gematrikuleer het, het die KwaZulu Natalse Skole krieketspan vanaf 1994-1995 verteenwoordig en het tussen 2002-2004 vir die Titans gespeel. Vanaf 2005 het hy vir KwaZulu Natal Binneland gespeel en was hy ook die kaptein van die span.
Hy beskik oor 'n Vlak III afrigtingssertifikaat en sy groot vuurdoop is volgende naweek wanneer die SWD hul eerste wedstryd in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks teen die Westelike Provinsie in Kaapstad speel.
VOORSKOU: SWD KRIEKET
6 Oktober 2009
Die tweede reeks wedstryde in die SWD Krieketraad se liga kompetisie word die naweek beslis. In die premierliga sal alle aandag gevestig wees op die wedstryd in Pacaltsdorp tussen die tuisspan en Mosselbaai. Beide spanne was die afgelope naweek aan die wenspan en 'n opwindende wedstryd word verwag.
Die derby tussen Union Stars en Western Hope wat in Oudtshoorn beslis gaan word is altyd 'n wedstryd wat die verbeelding aangryp. Beide spanne was die afgelope naweek aan die verloorkant en juis daarom sal 'n eerste oorwinning in die liga 'n ekstra aansporing wees. Sussex reis na Knysna waar hy Pirates United aandurf terwyl George sy buurman, Ramblers, om Rooirivier-rift pak.
Volledige Artikel ...SPORTVERSLAG: SWD KRIEKET
6 Oktober 2009
Pacaltsdorp United en Sussex, wat beide hul wedstryde die afgelope naweek met 'n voltal bonuspunte gewen het, is die voorlopers na die eerste rondte in die SWD Krieketraad se Premierliga kompetisie vir die nuwe seisoen. Sussex het op sy tuisveld maklik met 7 paaltjies teen die nuweling in die liga, Ramblers afgereken terwyl Pacaltsdorp United danksy 'n goeie kolfbydrae deur Mario Michaels (66*) ook met sewe paaltjies aan die wenkant was teen Pirates United.
Die twee wedstryde op die Bridgton Sportterrein in Oudtshoorn was egter meer gelykop en in beide gevalle kon die spanne wat tweede gekolf het nie daarin slaag om redelik beskeie wenteikens verby te steek nie. Union Stars wat teen George 163 lopies vir 'n oorwinning moes aanteken het geswig voor die boulwerk van Terence Davis-Taylor (2/8) en Wessel van Dyk (4/2) en is uiteindelik vir 154 lopies uitgeboul wat aan George 'n oorwinning van 8 lopies besorg het. Mosselbaai wat eerste gekolf het en vir slegs 143 lopies teen Western Hope uitgeboul is was ook naelskraap aan die wenkant met 9 lopies toe die tuisspan met slegs 134 lopies kon antwoord. Brendell Carelse (38) met die kolf en Rowan Moore (3/24) met die bal was Mosselbaai se uitblinkers.
Volledige Artikel ...SPORTVERSLAG: SWD KRIEKET (PROMOSIE-, RESERWE- EN VROUE LIGA)
6 Oktober 2009
Die eerste reeks wedstryde in die Promosie-, Reserwe en Vroueliga van die SWD Krieketraad het die afgelope naweek plaasgevind.
Knysna Kavaliers wat na die Promosieliga gerelegeer is het 'n stewige oorwinning van 6 paaltjies oor Blanco behaal terwyl beide die nuwelinge in die liga, Riversdal en Thembalethu vasgeval het. Mayflower (306/7 vs Melkhoutfontein) in die promosieliga en George C (300/8 vs Knysna Kavaliers B) het beide groot tellings en groot oorwinnnings in die liga behaal.
Die verdedigende kampioen in die Vroue liga, George (117 almal uit) moes alles uithaal om die SWD O/18-span (111 almal uit) met 6 lopies te klop.
Volledige Artikel ...Mosselbaai Krieketklub Ontwikkelingskliniek
16 September 2009
Kliek vir Fotos van die Mosselbaai Krieketklub Ontwikkelingskliniek 2009AKADEMIE TOERNOOI: SWD
7 September 2009
Die SWD Krieketraad het die afgelope naweek 'n Akademie kriekettoernooi waaraan die akademiespanne van die WP, Boland, OP, Grens, Universiteit van Fort Hare asook 'n Opkomende SWD span aan deelgeneem het. Van links is mnre. Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Greg Hayes (Hoë Prestasie Konsultant van Krieket Suid-Afrika), Albertus Kennedy (Algemene Bestuurder SWD Krieketraad) en Maxwell Jordaan (Bestuurder Amateurkrieket van Krieket Suid-Afrika).
SWD-SPAN AKADIEMIES TOERNOOI
7 September 2009
Die Opkomende SWD Span wat die naweek aan die Akademie-toernooi op Oudtshoorn deelgeneem het is:
Agter: Pieter Stuurman (kaptein), Riaan Botha, Rudi Hillerman, Ruall de Reuck, Johan Weyers
(afrigter), Wessel Hartslief, Andre Olivier en Kevin Damons
Voor: Gary Moos, Warren Ekstaal, Justin Jordaan, Brendon Louw en Johannes Potgieter.
Suid-Afrika).
SWD VROUEKRIEKET
3 September 2009
Annemie Koen
Twee van die SWD se voorste vrouekrieketspeelsters, Annemie Koen en Bernadine Bezuidenhout, is opgeneem in die Oos-Kaapse streekspan.
Hierdie span, wat saamgestel word uit die spelers van Oostelike Provinsie, Grens en die SWD, neem oor die naweek 24-27 September 2009 deel aan die Super 4 toernooi in Kimberley. Die spanne wat aan die Super 4 toernooi deelneem word gekies uit die beste vrouespelers in Suid-Afrika.
Krieket Suid-Afrika O/19 Talentidenfiseringkamp
18 Augustus 2009
Die Krieket Suid-Afrika O/19 Talentidenfiseringkamp het verlede week by Sahara Oval St George's Park in Port Elizabeth plaasgevind. Drie spelers van SWD het die kamp bygewoon. Op die foto is Johan Weyers (Bestuurder Afrigting Jeugkrieket en Ontwikkeling SWD Krieket), Brendon Louw, Warren Ekstraal, Ray Jennings (Protea O/19 Afrigter) en Riaan Botha.
SWD KRIEKETRAAD ALGEMENE JAARVERGADERING
22 Julie 2009
Die SWD Krieketraad, hou volgende week, die 31ste Julie hul agtiende Algemene Jaarvergadering by die Konferensiekamer van die African Sky Hotel in Oudtshoorn. Die vergadering begin om 18:30.
Volledige Artikel ...Langtermyn Ontwikkelingsprogram Seminaar
20 Julie 2009
Albertus Kennedy (links), die Algemene Bestuurder van SWD Krieket en Johan Weyers (regs), Bestuurder Afrigting en Ontwikkeling, het verlede week 'n seminaar met betrekking tot die Langtermyn Ontwikkelingsprogram vir atlete by die High Performance Centre in Pretoria bygewoon. Die seminaar was gefasiliteer deur die die wêreldbekende Dr Istvan Balyi (2de van links) van die Nasionale Gevorderde Afrigtingsinstituut van British Colombia in Kanada. Mnr. Anton Ferreira, Bestuurder Afrigting van Krieket Suid-Afrika is 2de van regs op die foto.
Eerste nie-rassige krieketwedstryd in Oudtshoorn
20 Julie 2009
Hierdie foto is geneem tydens die eerste nie-rassige krieketwedstryd in Oudtshoorn tussen Western Hope Krieketklub en Oudtshoorn Krieketklub soos gespeel op die REC op 16 Maart 1977.
SWD SKEIDSREGTERSVERENIGING ALGEMENE JAARVERGADERING
17 Julie 2009
Faizel Samsoodien, 4de van links, is verlede week tydens die Algemene Jaarvergadering van die SWD Krieketskeidsregtersvereniging tot voorsitter van die assosiasie verkies. Rudi Claassen, President van die SWD Krieketraad, (heel links) en Simon Swigelaar, Lewenslange Ere-President (heel regs) is saam met die res van die bestuur. Hulle is Trevor van der Walt (addisionele lid), Ruth van der Merwe (sekretaris), Samsoodien, Annelize McNemara (Tesourier), Jean Neethling (vise-voorsitter) en Koos van Tonder (addisonele lid).
KSA O/17 OEFENKAMP
17 Julie 2009
Vier van die SWD se belowende jong O/17 spelers het verlede week 'n Krieket Suid-Afrika oefenkamp by Sahara Oval St George's Park in Port Elizabeth bygewoon. Die spelers is van links na regs Mishe Vallab, Du Toit Hills, Justin Jordaan, Cobus Scholtz en Danie Oosthuizen (afrigter).
GERALD MAJOLA BESOEK
16 Mei 2009
Die Vise-President van Krieket Suid-Afrika, mnr. Ray Mali (2de van links) en die Hoof Uitvoerende Beampte, mnr. Gerald Majola (2de van regs) het die SWD verlede week besoek. Saam op die foto is Albertus Kennedy (Algemene Bestuurder), Simon Swigelaar (Lewenslange Ere-President) en Rudy Claassen (President SWDKR).
Die krieketbase in die SWD is vol vertroue dat dié provinsie se groot doelwit, naamlik om 'n volle affiliaat van Krieket Suid-Afrika (KSA) te word, binnekort bereik gaan word. Dit volg na 'n besoek aan die provinsie deur die Vise-President van KSA, mnr. Ray Mali en die Hoof Uitvoerende Beampte van die liggaam, mnr. Gerald Majola. Hulle was vergesel deur mnr. Vido Mgadle (Voorsitter van die direksie van die Oos-Kaapse Warriors – waarvan SWD deel is) asook mnr. Greg Hayes, 'n Ontwikkelingskonsultant van KSA.
Volledige Artikel ...SWD KRIEKETRAAD TOEKENNINGSFUNKSIE
14 Mei 2009
Die veelsydige SWD speler, Nigel Brouwers (links) ontvang die Standard Bank trofee as Speler van die Seisoen van mnr. Rudy Claassen (President van die SWD Krieketraad). Brouwers, met 25 paaltjies, was SWD se voorste bouler in die driedaagse kompetisie wat hom algeheel die 11de plek op die nasionale gemiddelde geplaas het terwyl hy die beste kolwer in die eendaagse kompetisie was (247 lopies teen 'n gemiddeld van 41.7 met 3 vyftigtalle en 'n beste telling van 89)
Die veelsydige Nigel Brouwers het Vrydag-aand tydens die SWD Krieketraad se Prysuitdelingsfunksie wat by die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai gehou is met die louere weggestap en die Standard Bank Trofee ontvang as die SWD se speler vir die afgelope 2008/09 seisoen. Brouwers, met 25 paaltjies, was SWD se voorste bouler in die driedaagse kompetisie wat hom algeheel die 11de plek op die nasionale gemiddelde geplaas het terwyl hy die beste kolwer in die eendaagse kompetisie was (247 lopies teen 'n gemiddeld van 41.7 met 3 vyftigtalle en 'n beste telling van 89).
Die SA Skole speler van Hoërskool Outeniqua, Brendon Louw, het die Simon Swigelaar wisseltrofee vir die mees uitsonderlike prestasie van die seisoen ontvang terwyl Louw asook Shireen Noble (Bakers Minikrieket administrateur) spesiale meriete toekennings ontvang het. Verskeie onlangs afgestorwe lede wat op verskillende vlakke 'n groot bydrae tot SWD Krieket gelewer is, is ook vereer. Hulle is Wynand Goliath (SWD adminstrateur), Wilfred de Jager (SWD speler), Jacob du Plessis (oud SWD speler), Steven Fortuin en Wilfred Campher (Blanco Krieketklub administrateurs), Jaco Vaaltyn (skeidsregter) en Eric en Robert Jeffery (stigterslede en spelers van Sussex Krieketklub wat ook vir SWD gespeel het).
Volledige Artikel ...SWD SKOLE KRIEKET
12 Mei 2009
Die SWD Krieketraad het onlangs die bestuurders en afrigters van verteenwoordigende skolespanne wat vanjaar aan die Nasionale toernooie van Krieket Suid-Afrika gaan deelneem bekend gemaak. Die SWD skole-spanne het verlede jaar uitstekend gevaar en in baie gevalle is aanstellings onveranderd gelaat.
Volledige Artikel ...SKENKING VAN KRIEKETUITRUSTING
12 Mei 2009
Krieket Suid-Afrika het onlangs krieketuitrusting aan provinsies beskikbaar gestel vir die vespreiding aan klubs. Die skenking is moontlik gemaak deur 'n Dubaaise besigheidsman, mnr. Shyam Bhatia. Die uitrusting is onlangs aan klubs oorhandig. Tydens die seremonie is van links: Rudy Claassen (President SWD Krieketraad), Henry Murphy (Calitzdorp Young Stars Krieketklub), Patrick Japtha (Dysselsdorp Krieketklub), Ivor Hendricks (Melkhoutfontein Krieketklub) en Albertus Kennedy (Algemene Bestuurder SWD Krieketraad). Pioneers Krieketklub (Plettenbergbaai) en Selbourne Krieketklub (Beaufort Wes) wat ook by die projek gebaat het was afwesig met die neem van die foto.
SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA FINAAL
10 Maart 2009
Ten spyte daarvan dat dit die mees dramatiese en opwindendste eindwedstryd in die geskiedenis van die SWD Krieketraad Premierliga was, was daar nie Saterdag 'n alleen wenner nie. Die titaniese stryd tussen die spanne van Spur George en Pacaltsdorp United het presies gelykop ge-eindig en die twee klubs deel dus die gesogte Pietersen Trofee.
Terence Davis-Taylor (2de van links), kaptein van Spur George en Enver Bezuidenhout die kaptein van Pacaltsdorp United nadat die twee klubs Saterdag die Pietersen Trofee gedeel het nadat die Premierliga eindstryd van die SWD Krieketraad presies gelykop ge-eidig het. Links op die foto is Rudy Claassen, President van die SWD Krieketraad en regs is Albertus Kennedy (Hoofbestuurder).
KURSUSPROGRAM SWD KRIEKETRAAD
10 Maart 2009
Die opleidingsprogram van die SWD Krieketraad vir kursusse vir die bemagtigng van afrigters is onlangs bekendgemaak. Volgens die Bestuurder van Jeugkrieket, afrigting en ontwikkeling van die SWD Krieketraad, mnr. Johan Weyers, word daar gepoog om die kursusse geografies te versprei ten einde alle afrigters in die provinsie te bereik.
Volledige Artikel ...UITSLAG: SWD SKOLE LIGA FINAAL
3 Maart 2009
Warren Ekstraal (middel), kaptein van Langenhoven Gimnasium se 0/18 span ontvang die trofee as wenners van die SWD O/18 liga van Mnr. Jonathan Carelse (links) die Voorsitter van SWD Skole Krieket. Links op die foto is Adriaan van Tonder (Onderkaptein)
Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn dra hierdie seisoen die kroon as die kampioen van die SWD Skole 0/18 liga. Gimnasium het Saterdag op Oudtshoorn die titel ingepalm toe hulle Outeniqua in 'n spannende eindwedstryd met lae tellings met 9 lopies geklop het.
Gimnasium is in hul kolfbeurt tot slegs 77 lopies beperk en slegs Warren Ekstraal (18; 2x4) en Charlton Schoeman (10) kon dubbelsyfers behaal. Jaco van Tonder (2/16), Gerhard Henecke (2/21) en Lluwellyn van Greunen (3/1) was Outeniqua se suksesvolste boulers.
Skitterende boulwerk ondersteun deur veldwerk en 'n paar vangskote uit die boonste rakke het Outeniqua egter onder druk geplaas en hulle is vir slegs 68 lopies uitgeboul. Adriaan van Tonder (5/19 in 9 beurte) was vir die wenspan op sy stukke met sy boulwerk terwyl hy goed bygestaan is deur Warren Ekstraal (2/15) en Gurshwill Goliath (2/10).
Volledige Artikel ...UITSLAG: PROMOSIELIGA FINAAL
3 Maart 2009
Ramblers krieketklub van George is die 2008/09 promosieliga kampioen van George en sal volgende seisoen na die premierliga gepromoveer word. Dit volg nadat Ramblers Saterdag met 70 lopies oor Pioneers van Plettenbergbaai geseevier het in die finaal wat op die REC in Oudtshoorn plaasgevind het.























