SWD KRIEKETRAAD: PROMOSIELIGA FINAAL
9 March 2010
Die span van Knysna Kavaliers wat Saterdag die Promosieliga van die SWD Krieketraad gewen het is agter: Rob Dixon, Mervyn Bock, Rory Hopper (kaptein), Garth Bock, Francois Bonthuys, Myles Rigby en voor: Robin Ouwenkamp, Byron Jantjies, Jade Lawrence, James Goliath en Pieter Bosman.
Knysna Kavaliers het Saterdag die Promosieliga van die SWD Krieketraad gewen en sal volgende seisoen weer saam met die top spanne in die Premierliga meeding. Kavaliers het Blanco in die eindwedstryd, wat op die REC in Oudtshoorn beslis is, maklik met 9 paaltjies geklop.
Blanco, wat eerste gekolf het, kon slegs 123 lopies in hul kolfbeurt bymekaar skraap waarna Knysna die wenteiken (124/1) reeds in die 27ste van hul toegelate 45 boulbeurte behaal het. Twee oud SWD-spelers, Mervyn Bock (3/19) en Francois Bock (3/16) was die wenspan se boulhelde terwyl Robert Dixon (54*; 1x6, 6x4) en Jade Lawrence (40*) vir 'n onoorwonne vennootskap van 98 lopies om die 2de paaltjie gesorg het.
Rory Hopper (links), kaptein van Knysna Kavaliers, ontvang die trofee as wenners van die SWD Krieketraad se Promosieliga van Rudi Claassen, President van die SWD Krieketraad), nadat hulle Blanco in die finaal met 9 paaltjies geklop het.
Die opgesomde telkaart is:
BLANCO 123 (Granville Coeries 23, Mervyn Bock 3/19, Francois Bonthuys 3/16, Byron Jantjies 2/13)
KNYNSA KAVALIERS 124/1(Robert Dixon 54*, Jade Lawrence 40*)






















