SWD vs NAMIBIË
9 March 2010
Die SWD bouler Douglas Baartman is die naweek 'n sleutelspeler vir die SWD in hul wedstyd teen Namibië in Windhoek. Hy spog reeds hierdie seisoen met 36 paaltjies in die drie-daagse kompetisie.
Die langste provinsiale seisoen in die geskiedenis van SWD Krieket kom hierdie naweek tot 'n einde wanneer die SWD na Windhoek reis waar hy Namibië in die Krieket Suid-Afrika se Uitdaagreeks pak. Die Suid-Kapenaars het veral in die driedaagse kompetisie goed gevaar en is tans in die 7de plek uit 14 spanne. 'n Regstreekse oorwinning in die driedaagse wedstryd kan die SWD tot die 6de plek laat opskuif.
Weens twee verbroude wedstryde in die eendaagse kompetisie is die SWD tans in die 11de plek en 'n oorwinning kan die SWD tot die 9 de plek laat opskuif. Die goeie nuus is egter dat die SWD bykans op volle sterkte is. Sammy-Joe Avontuur is terug na 'n handbesering terwyl Wessel Hartslief ook weer slaggereed is en in die plek van Bardo Fransman gekies is.
Die volledige SWD groep is: Burton de Wett (kapt), Sammy-Joe Avontuur, Niel Bredenkamp, Gerhard Strydom, Rudy Hillerman, Pieter Stuurman, Stefan Grobler, William Hantam, Roelof Hugo, Wessel Hartslief, Douglas Baartman, Rian Botha en Justin Jordaan.






















