PROMOSIE- EN RESERWELIGA UITSLAE
3 March 2010
Knysna Kavaliers en Blanco United, beide spanne wat die afgelope twee seisoene hul Premierliga status verloor het, pak mekaar Saterdag op die REC in Oudtshoorn in die Promosieliga finaal. Die wenner sal volgende seisoen outomaties na die premierliga gepromoveer word.
Dit volg nadat beide hierdie spanne hul halfeindrondte wedstryde wat die afgelope naweek beslis is, gewen het. Knysna Kavaliers was met 39 lopies baas teen NMMU het in hul kolfbeurt 128 lopies behaal het en NMMU vir slegs 89 lopies beperk. Blanco het verras en Harlequins Magte met 29 lopies geklop. Blanco het 'n beskeie telling van 139 lopies op die telbord geplaas maar Harlequins daarna vir slegs 110 lopies uitgeboul vir 'n oorwinning van 29 lopies. In die reserweliga finaal wat Sondag op die REC in Oudtshoorn beslis word pak twee spanne van Mosselbaai mekaar in die finaal. Mosselbaai B wat reeds deurgedring het speel teen Sussex se naasbestes nadat die span van D'Almeida naelskraap met 1 lopie teen Pacaltsdorp B baas was. Sussex B het 113 lopies behaal en Pacaltsdorp B vir 112 lopies uitgeboul.
Die opgesomde telkaarte is:
PROMOSIE LIGA
Semi Finale
Knysna teen NMMU
Knysna 128; NMMU 89
Knysna wen met 39 lopies
Harlequins teen Blanco
Blanco 139; Harlequins 110
Blanco wen met 29 lopies
RESERWE LIGA
Semi Finaal
Pacaltsdorp B teen Sussex B
Sussex 113; Pacaltsdorp 112
Sussex wen met 1 lopie






















