LIGA BEPALINGS: SWD KRIEKETRAAD
3 March 2010
Die halfeindrondte wedstryde in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad, wat beloof om vir groot opwinding te sorg, word Saterdag beslis. Beide spanne beskik oor die dienste van hul provinsiale spelers en veral die kragmeting op Pacaltsdorp tussen die tuisspan en Union Stars beloof om vir vuurwerke te sorg. Union Stars is gelaai met verskeie provinsiale spelers soos Burton de Wett, Pieter Stuurman, Justin Jordaan en Douglas Baartman en hoewel die tuisspan sonder die dienste van die beseerde Nigel Brouwers moet klaarkom is hulle altyd 'n gevaarlike kalant op hul tuisveld.
Mosselbaai reis na Rooirivier-rift waar hulle George pak. Hoewel George dalk die gunsteling mag wees beskik Mosselbaai oor die dienste van Nathan Murray, Roelof Hugo en Stefan Grobler wat die skaal in die guns van Mosselbaai kan swaai.
In die promosieliga finaal wat Saterdag beslis word speel Knysna Kavaliers teen Blanco terwyl die naasbestes van Mosselbaai en Sussex mekaar Sondag in die Reserweliga finaal pak. Beide hierdie wedstryde word op die REC in Oudtshoorn beslis.
Die volledige program is:
Premier liga (Semi-Finale)
George vs Mosselbaai
Pacaltsdorp vs Union Stars
Promosie Liga (Finaal: Saterdag)
Knysna Kavaliers vs Blanco
Reserwe Liga (Finaal: Sondag)
Mosselbaai B vs Sussex B






















