The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

MOSSELBAAI WEN SWD VROUELIGA

3 March 2010

Die vrouekrieketspan van Mosselbaai het George se vyf jaar lange heerskappy verbreek toe hulle die SWD Vroueliga gewen het. Mosselbaai het die eindwedstryd in die liga, wat Saterdag op die REC op Oudtshoorn beslis is, oortuigend met 71 lopies gewen.

Mosselbaai - Wenners van SWD Vroue Liga Die span van Mosselbaai wat Saterdag die SWD Vroueliga gewen het is:
Agter: Caroline Taylor, Rebecca Grundy, Gail Abrahams, Laché Hammond, Candy Jansen en Adrie Japtha
Voor: Malony Stalmeester, Yolandi van Aswegen (kaptein), Clorida Ahrends (Afrigter) en Charné Domingo.
Heel voor: Carlin Petersen en Chameil van Wyk

Trofee Oorhandiging Yolandi van Aswegen (links), kaptein van die Mosselbaai Vrouespan, ontvang die trofee as liga wenners vir die 2009/10 seisoen van die SWD Vroueliga van Me. Shireen Noble (Voorsitter van die SWD Vrouekrieketkomitee)

Die wenspan, wat die loot gewen het en eerste gekolf het, was vroeg in die knyp op 38/4, maar 'n vennootskap van 93 lopies tussen Rebecca Grundy (43) en Caroline Taylor (37) om die vyfde paaltjie het die wedstryd in die guns van Mosselbaai geswaai. Hulle het in hul toegelate 45 boulbeurte 173/9 behaal. George kon met slegs 102 lopies antwoord en dit was Grundy (3/15) se boulwerk wat George se kolwers behoorlik geknak het.

Die opgesomde telkaart is:

Mosselbaai teen George

MOSSELBAAI 173/9 (Rebecca Grundy 43, Caroline Taylor 37, Annemie Koen 3/26, Marisa Bakkes, 3/49, Jody Duminy 2/6)
GEORGE 102 (Sonet Fourie 31, Rebecca Grundy 3/15, Laché Hammand 2/9, Elzaan Pietersen 2/39)
Mosselbaai wen met 71 lopies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors