The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

SWD vs VRYSTAAT

3 March 2010

Die SWD middelkolwer, Gerhard Strydom, het die naweek geskiedenis gemaak deur 1 000 eersterangse lopies in een seisoen aan te teken. Daardeur word hy slegs die 30ste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse krieket om hierdie uitsonderlike mylpaal te bereik.

Die SWD krieketspan het die afgelope naweek beide sy twee kragmetings in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks wat op die OUTsurance ovaal in Bloemfontein plaasgeving het verloor.

Vrystaat het in die driedaagse wedstryd eerste gekolf en danksy honderdtalle deur Divan van Wyk (136) en Jonathan Beukes (120*) 365/4 in hul kolfbeurt behaal. Die SWD is daarna vir slegs 143 lopies uitgeboul met slegs Gerhard Strydom (47; 8x4) wat die boulwerk kon baasraak. In hul opvolgbeurt het dit veel beter gegaan en die SWD het vir 112 lopies gekolf voordat hulle vir 295 lopies uitgeboul is. Die kaptein Burton de Wett (63; 3x6, 6x4), Strydom (44; 8x4) en Rudy Hillerman (48; 4x4) was die beste kolwers. Die tuisspan het die wenteiken (78/2) behaal vir 'n oorwinning van 8 paaltjies.

In die eendaagse wedstryd het Divan van Wyk (115) weer 'n honderdtal behaal en Vrystaat instaat gestel om 264/7 in hul toegelate 40 boulbeurte aan te teken. Die SWD kon met slegs 120 lopies daarop antwoord wat aan die Vrystaat 'n oorwinning van 144 lopies.

Die SWD middelkolwer, Gerhard Strydom, het die naweek geskiedenis gemaak deur 1 000 eersterangse lopies in een seisoen aan te teken. Daardeur word hy slegs die 30ste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse krieket om hierdie uitsonderlike mylpaal te bereik. Slegs die driedaagse kompetisie het eersterangse status. Hy het nou reeds 1 014 lopies aangeteken en is ook die voorste lopiemaker in die Krieket Suid-Afrika se driedaagse kompetisie. Ander kolwers wat hulle in die uitgelese groep spelers in Suid-Afrikaanse krieket bevind is Barry Richards, Greame Pollock, Jimmy Cook, Hashim Amla, Ali Bacher, Dennis Lindsay en Peter Kirsten.

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors