The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

SWD vs GRENS

23 February 2010

Die SWD kaptein en middelkolwer, Burton de Wett, was die naweek een van die SWD se helde in hul oorwinning in die driedaagse wedstryd teen Grens op Oudtshoorn. De Wett het 108 lopies van 85 balle gemoker wat 6 sesse en 12 viere ingesluit het.

Die SWD krieketspan het die naweek op die REC in Oudtshoorn met nog 'n uitstekende vertoning voor 'n dag gekom toe hulle Grens oortuigend met 133 lopies verslaan het in die driedaagse wedstryd van Krieket Suid-Afrika se Uitdaagreeks. In die eendaagse wedstryd het die SWD kolwers veral teleurgestel en die besoekers was die oorwinnaars met 2 paaltjies.

Die SWD het eerste gekolf en danksy 'n vennootskap van 113 lopies om die eerste paaltjie tussen Niel Bredenkamp (57; 89 balle, 8x4) en Stefan Grobler (106; 185 balle, 13x4) 220 lopies in hul eerste kolfbeurt behaal. Dit was Grobler se eerste eersterangse honderdtal. Grens is in hul eerste kolfbeurt vir slegs 200 lopies uitgeboul met Burton de Wett (3/32) en Stefan Grober (3/37) die SWD se beste boulers. In SWD se tweede kolfbeurt het 'n prag 100-tal deur die kaptein Burton de Wett (108; 85 balle; 6x6, 12x4) die skaal in die SWD se guns geswaai. Hy is goed bygestaan deur Gerhard Strydom (51; 5x4) en die SWD het 247 in hul tweede beurt op die telbord geplaas. Grens is daarna vir 'n skamele 133 lopies uitgeknikker met Douglas Baartman (4/39) die mees suksesvolle bouler.

In die eendaagse wedstryd het die SWD stewig begin en met hul telling op 46/0 in die 8ste beurt het 'n groot beurttotaal rooskleurig gelyk maar die SWD kolwers het egter swak hou gespeel en die tuisspan was met hul telling op 131 almal uit. Die SWD boulers het egter verbete teruggeveg maar Grens het uiteindelik met nog 8 balle oor die wenlopies behaal met nog 2 paaltjies staande. Justin Jordaan (3/25 in 8 beurte) was die verloorspan se beste bouler.

Die SWD kom van Donderdag af op Outsurance Oval in Bloemfontein teen die Vrystaat te staan. Vrystaat wat die afgelope naweek teen die WP beide hul westryde verloor het word aangvoer deur die oud SWD kaptein en kolfheld, Jonathan Beukes terwyl Waldo Latagan, die oud SA Skole en SWD paaltjiewagter ook vir die Vrystaat speel. Sammy-Joe Avontuur is nog op die krukkelys terwyl daar duim vasgehou sal word dat William Hantam en Wessel Hartslief fiks sal wees vir die wedstryd.

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors