VOORSKOU SWD KRIEKETRAAD LIGA FINALE
23 February 2010
Met die alle ligabepalings van die SWD Krieketraad se verskillende liga kompetisies afgehandel bereik die liga's nou die pylvak wanneer die semi-finale en finale in die verskillende liga's afgehandel word.
Bongolethu (190/5) het hul laaste promosieliga wedstryd van die seisoen met 5 paaltjies teen Ladismith (189 almal uit) gewen maar NMMU en Knysna Kavaliers sal egter in die een halfeindrondte wedstryd wat Saterdag op Knysna gespeel word sake uitspook. Harlequins Magte en Blanco pak mekaar Sondag op die Weermag-velde in die ander halfeindrondte wedstryd.
In die Reserweliga het Mosselbaai B (142) tot die finaal deurgedring met 'n oorwinning van 61 lopies oor Ramblers B (81) en hulle kom Sondag op die REC in Oudtshoorn teen die wenner van die ander halfeindrondte wedstryd tussen die naasbestes van Pacaltsdorp United en Sussex te staan. Die twee spanne meet Saterdag op Pacaltsdorp kragte.
In die vroueliga finaal wat Saterdag op die REC in Oudtshoorn beslis word speel George en Mosselbaai teen mekaar. George was reeds vyf keer agtereenvolgens die wenners maar hulle kan kwaai teenstand van die Mosselbaai vroue verwag.
Die volledige bepalings vir die naweek is:
Promosieliga Semi-Finaal:
Knysna vs NMMU (Saterdag) en
Harlequins Magte vs Blanco (Sondag)
Reserweliga Semi-Finaal:
Pacaltsdorp B vs Sussex B (Saterdag)
Reserweliga Finaal:
Mosselbaai B vs Wenner van Saterdag se semi-finaal (REC, Oudtshoorn, Sondag)
Vroueliga Finaal:
Mosselbaai vs George (REC, Oudtshoorn, Saterdag)






















