UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
23 February 2010
Die laaste naweek van die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad was nie sonder opwinding nie maar George het egter soos verlede seisoen weer bo-aan die punteleer geëindig met Pacaltsdorp tweede, Union Stars derde en Mosselbaai vierde. Dit was dieselfde posisies as verlede seisoen. George en Mosselbaai sal nou op 6 Maart sake uitspook vir 'n plek in die finaal terwyl Pacaltsdorp en Union Stars op eersgenoemde se tuisveld in die ander semi-finaal gaan speel.
Pirates United het 'n stewige 217/7 teen George behaal maar 'n skitterende 100-tal deur Martin Coetzee (140) het die skaal in die guns van George geswaai en hulle was met 4 paaltjies baas nadat hulle 218/6 behaal het. In 'n wedstryd van lae tellings was Pacaltsdorp se totaal van 81 genoeg vir 'n naelskraapse oorwinning van 3 lopies nadat Union Stars met slegs 78 lopies kon antwoord.
Ramblers het relegasie vrysgespring met 'n naelskraapse oorwinning van 1 paaltjie oor Western Hope wat vir slegs 109 lopies uitgeboul is waarna Ramblers met 110/9 geantwoord het. Sussex, wat 180 lopies behaal het was met 33 lopies teen Mosselbaai baas in hul derby wedstryd. Mosselbaai kon met slegs 147/7 antwoord maar het steeds genoeg punte behaal vir 'n plek in die semi-finaal.
Pirates teen George
PIRATES UNITED 217/7 (Glenville Plaatjies 77, Marshall Philander 47, Jody de Koker 29*, Wim Basson 2/44)
GEORGE 218/6 (Martin Coetzee 140, Prieur du Plessis 19*, Jonathan Koopman 2/16, Ruwayne Brinkhuis 2/68)
George wen met 4 paaltjies
Pacaltsdorp United teen Union Stars
PACALTSDORP UNITED 81(Gilroy Saaiman 17, John April 3/31, Andre Olivier 2/20, Marco Kammies 2/21)
UNION STARS 78 (Milton Prins 18, Ruall de Reuck 3/23, Ricardo Willeman 2/19)
Pacaltsdorp United wen met 3 lopies
Western Hope teen Ramblers
WESRTERN HOPE 109 (Wayne Gelant 31, Jonathan Blaauw 23, Marshall De Klerk 4/35, Benedict Smart 2/10)
RAMBLERS 110/9 (A Louw 27, Daniel Koert 17, Sydwill Williams 4/31, Wayne Gelant 3/17)
Ramblers wen met 1 paaltjie
Mosselbaai teen Sussex
SUSSEX 180 (Robert Jansen 42, Emile Esau 25, Oliver Gosling 3/34, Christo van Schalkwyk 2/21, Rowan Moore 2/35)
MOSSELBAAI 147/6 (Christo van Schalkwyk 68*, Tossie Marx 29, G Plaatjies 1/13, Reavan Plaatjies 1/14)
Sussex wen met 33 lopies






















