UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PROMOSIE- EN RESERWELIGA
16 February 2010
Nelson Mandela Universiteit het sterk na vore getree en vir hulself 'n plek in die halfeindrondte verseker van die Promosieliga in die SWD Krieketraad nadat hulle vyf oorwinnings agtereenvolgens behaal het. Hulle sal in die een halfeindrondte teen Knysna Kavaliers te staan kom terwyl Harelquins Magte vir Blanco in die ander halfeindrondte sal pak. Die semi-finale in die liga word op 27 en 28 Februarie beslis.
In Saterdag se halfeindrondte wedstryd in die Reserweliga kom Mosselbaai B teen Ramblers B te staan terwyl Pacaltsdorp United B en Sussex B mekaar in die ander halfeindstryd Sondag pak.
Die opgesomde telkaarte in die liga is:
PROMOSIE LIGA
Harlequins teen Selbourne
Selbourne 143; Harlequins 144/5
Harlequins wen met 5 paaltjies
Melkhoutfontein teen Thembalethu
Thembalethu 71; Melkoutfontein 54
Thembalethu wen met 17 lopies
Ladismith teen Calitzdorp
Calitzdorp 81; Ladismith 82/4
Ladismith wen met 6 paaltjies
NMMU teen Bongolethu
NMMU 160; Bongolethu 69
NMMU wen met 91 lopies
Hartenbos teen Mayflower
Hartenbos 188; Mayflower 166
Hartenbos wen met 22 lopies
RESERWE LIGA
Blanco B teen Pacaltsdorp B
Pacaltsdorp B 232; Blanco B 146
Pacaltsdorp B wen met 86 lopies
Mosselbaai B teen Union Stars B
Union Stars B 155; Mosselbaai B 157/5
Mosselbaai B wen met 5 paaltjies
Sussex B teen Western Hope B
Sussex B 281; Western Hope B 81
Sussex B wen met 201 lopies
Knysna B teen George B
George B 106; Knysna B 110/5
Knysna B wen met 5 paaltjie






















