The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA

16 February 2010

Die voorlaaste reeks wedstryde in die SWD Krieketraad se premierliga is die naweek beslis en het geen verrassings opgelewer nie. Union Stars het vir Sussex met 17 lopies geklop nadat eersgenoemde 162 lopies behaal het en Sussex daarna tot 145 lopies beperk het.

Pirates United het die relagasiespook verjaag en danksy 'n skitterende boulvertoning deur Deagon May (7/25) vir Western Hope tot slegs 75 lopies beperk en het daarna die wenteiken (79/2) behaal vir 'n oortuigende oorwinning van 8 paaltjies. George het ook maklik met 8 paaltjies oor Mosselbaai afgereken nadat hulle Mosselbaai vir slegs 119 lopies beperk het en daarna danksy bydraes deur Zibi Stegman (38), Kevin Damons (35) en Wessel van Dyk (28*) die wenteiken bereik het. Pacaltsdorp United, wat Ramblers vir slegs 120 lopies uitgeboul het, was met 4 paaltjies aan die wenkant nadat Gilroy Saaiman (39*) en Errol Hector (44) met hardnekkige kolfwerk 'n verrassende nederlaag afgeweer het.

Die opgesomde telkaarte:

Sussex teen Union Stars

UNION STARS 162 (Geoffrey Perel 29, Andre Olivier 26, Jonathan Blom 3/25, Wayne de Jager 3/27)
SUSSEX 145 (Tyron Lewis 55, Emile Ezau 28, Mario Jansen 4/12, Charlton Schoeman 3/38, Andre Olivier 2/27)
Union Stars wen met 17 lopies

Western Hope teen Pirates

WESTERN HOPE 75 (Ruan Warnie 15, Deagon May 7/25, Glenville Plaatjies 3/14)
PIRATES 79/2 (Irvin Campher 26*, Bronwill Goede 22*)
Pirates wen met 8 paaltjies

Mosselbaai teen George

MOSSELBAAI 119 (Gerhard Lewis 37, Charles Prinsloo 4/36, Andrew Moolman 3/23)
GEORGE 121/2 (Zibi Stegman 38, Kevin Damons 35, Wessel van Dyk 28*)
George wen met 8 paaltjies

Pacaltsdorp teen Ramblers

RAMBLERS 120 (Askin Louw 23, Ruall de Reuck 4/11, Ricardo Willeman 3/28)
PACALTSDORP 121/6 (Gilroy Saaiman 39*, Errol Hector 44, Theo Claassen 2/22)
Pacaltsdorp wen met 4 paaltjies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors