SWD vs GRENS
16 February 2010
Die SWD middelkolwer, Gerhard Strydom, wat reeds 871 eersterangse lopies die seisoen aangeteken het sal graag die naweek 'n stap nader aan die 1000 lopie kerf wil gee wanneer SWD die Grens op Oudtshoorn pak. Strydom is ook die voorste lopiemaker in die drie-daagse kompetisie.
Die SWD kom hierdie naweek op die Rec op Oudtshoorn in sy laaste tuiswedstryd van die seisoen teen die Grens te staan in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Na hierdie naweek moet die SWD nog teen Vrystaat (in Bloemfontein) en Namibie (in Windhoek) speel alvorens hul besigste seisoen ooit afgehandel is.
Beide SWD en Grens was die afgelope naweek in beide die driedaagse en eendaagse wedstryde aan die wentkant en hoewel die tuisspan bo die Grens in beide die kompetisies op die punteleer is het die manne van Oos London nuwe momentum in hul span wat die tafel dek vir 'n naweek van opwindende krieket.
Die SWD kolwers het in die onlangse paar wedstryde nog nie dieselfde hoogtes as vroer in die seisoen bereik nie en hulle sal beslis die naweek hul reputasies moet gestand doen. Rudy Hillerman behoort op sy pos te wees na 'n handbesering maar die aanvangskolwer, Sammy-Joe Avontuur sal buite aksie wees weens 'n gekraakte pinkie. Dit is onwaarskynlik dat William Hantam en Wessel Hartslief vir die wedstryd fiks sal wees. Die lopiesmasjien, Gerhard Strydom, sal graag hierdie naweek 'n stap nader wil gee aan 'n besonderse mylpaal van 1,000 eersterange lopies in die seisoen. Hy het reeds 871 lopies die seisoen aangeteken en sal graag die 1000 kerf wil verbysteek.
Die moontlike spanne vir die naweek is: SWD (uit) Burton de Wett (kaptein), Niel Bredenkamp, Gerhard Strydom, Rudi Hillerman, Pieter Stuurman, Nathan Murray, Roelof Hugo, Stefan Grobler, Martin Coetzee, Douglas Baartman, Riaan Botha, Bardo Fransman en Justin Jordaan Grens Sitehmbile Makongola, Gionne Koopman, Kevin Bennet, Brent Thomas, Darryl Brown, Sean de Kock, Jerry Nqolo, Abongile Sodumo, Lundi Mbane, Lucky Pangabathu en Pabama Fojela.






















