VOORSKOU: KLUBKRIEKET
16 February 2010
Die laaste reeks wedstryde in die premierliga van die SWD Krieketraad word die naweek beslis. Dit is reeds 'n uitgemaakte saak dat Spur George, wat die naweek teen Pirates United speel, bo-aan die punteleer gaan eindig terwyl die volgorde van die ander vier semi-finaliste naamlik Union Stars, Pacaltsdorp United en Mosselbaai hierdie naweek bepaal gaan word. Die wedstryd wat die meeste belangstelling wek is juis die kragmeting op Pac'spark tussen Pacaltsdorp United en Union Stars. Mosselbaai speel op sy tuisveld terwyl Western Hope en Ramblers mekaar op Bridgton pak.
Die Reserweliga semi-finale word ook beslis wanneer Mosselbaai B en Ramblers op Mosselbaai sake uitspook terwyl Pacaltsdorp United B en Sussex mekaar op Pacaltsdorp pak.
Die volledige bepalings vir die naweek is:
Premierliga
Mosselbaai vs Sussex,
Pirates United vs George,
Pacaltsdorp United vs Union Stars,
Western Hope vs Ramblers
Promosieliga
Bongolethu vs Ladismith (Bridgton B)
Reserweliga
Mosselbaai B vs Ramblers B, en
Sondag
Pacaltsdorp B vs Sussex B






















