The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

SWD vs KWAZULU-NATAL BINNELAND

16 February 2010

Riaan Botha Die 18-jarige Riaan Botha, wat in sy debuutwedstryd vir die SWD gespeel het, het die naweek geskiedenis gemaak die hy die beste boulvertoning tot nog in 'n eersterangse wedstryd vir die SWD behaal het met 'n boulontleding van 6/26 teen KwaZulu Natal Binneland op Oudtshoorn. Op die foto lei hy die SWD span van die veld na sy prag vertoning saam met sy spanmaats (van links) Douglas Baartman, Burton de Wett (kaptein), Stefan Grobler, Botha en Niel Bredenkamp.

Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek met mening teruggeslaan en beide sy wedstryde in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks teen KwaZulu-Natal Binneland op die REC op Oudtshoorn gewen. In die driedaagse wedstryd het die tuisspan binne 'n bestek van twee dae met die manne van Pietermaritburg klaargespeel en met 5 paaltjies gewen terwyl hulle die eendaagse wedstryd met 13 lopies baas was.

Pieter Stuurman Die SWD middelkolwer, Pieter Stuurman (89; 107 balle, 3x6, 6x4), in aksie in sy prag beurt in die eendaagse wedstryd teen KwaZulu Natal Binneland.

KZN Binneland, wat in die driedaagse wedstryd die loot gewen het en eerste gaan kolf het, het geswig voor die SWD boulaanval en met die bybreekbouler, Stefan Grobler (5/38), aan die spits is hulle vir slegs 136 lopies uitgeboul. Die SWD het daarna met 153 lopies geantwoord met Grobler (37*) die beste kolwer. 'n Skitterende boulvertoning deur die 18-jarige Riaan Botha (6/26) wat in sy debuutwedstryd vir die SWD gespeel het, het die besoekers in hul tweede beurt tot slegs 112 lopies beperk wat aan die SWD die taak gelaat het om 96 lopies vir 'n oorwinning aan te teken. Die SWD het met 96/5 geantwoord en tien waardevolle bonuspunte vir die oorwinning ingeoes. Botha se boulontleding was die beste nog vir 'n SWD speler in eersterangse krieket.

Stefan Grobler was die naweek een van die SWD span se groot uitblinkers in hul oorwinning in die driedaagse wedstryd teen KwaZulu Natal Binneland. Hy het met sy bybrekers 5/38 platgetrek en ook met die kolf uitgeblink en 37* uitgeblink.

In die eendaagse wedstryd het die SWD eerste gekolf en danksy 'n vennootskap van 69 lopies om die vierde paaltjie tussen Gerhard Strydom (46; 3x4) en Pieter Stuurman (89; 3x6, 6x4) het die SWD instaat gestel om 223/7 on hul toegelate 40 boulbeurte aan te teken. Met die besoekers se telling op 91/2 in die dertiende boulbeurt het 'n opdraande stryd vir die tuisspan gewag maar hulle het skitterend teruggeveg en KZN Binneland tot 209 (almal uit) beperk vir 'n oorwinning van 13 lopies. Die jongelinge in die span, Botha (3/49), Justin Jordaan (2/44) en Niel Bredenkamp (1/17 in 8 beurte) het met die bal vir die wenspan uitgeblink.

Die opgesomde telkaarte is:

Driedaagse wedstryd

KWA ZULU NATAL BINNELAND

1ste Beurt 136 (Glen Addicott 39, Chad Barron 20, Stefan Grobler 5/38, Wessel Hartslief 2/12, Douglas Baartman 2/45) en
2de Beurt 112 (Glen Addicott 40, Mario Olivier 19, Riaan Botha 6/26, Douglas Baartman 2/22)

SWD

1ste Beurt 153 (Stefan Grobler 37*, Gerhard Strydom 33, Roelof Hugo 32, Niel Bredenkamp 24, Brad Barends 2/18, Mbasa Gqadushe 2/19, Oliver Humphries 2/19) en
2de beurt 96/5 (Gerhard Strydom 32, Burton de Wet 22)
SWD wen met 5 paaltjies

Eendaagse Wedstryd

SWD

223/7 (Pieter Stuurman 89, Gerhard Strydom 46, Martin Coetzee 23*, Kimershan Chetty 2/66)

KWAZULU NATAL BINNELAND

209 (Bradley Moses 38, Mario Olivier 38, Oliver Humprhies 37, Riaan Botha 3/49, Stefan Grobler 2/41, Justin Jordaan 2/44)
SWD wen met 13 lopies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors