SWD vs KWAZULU NATAL BINNELAND
10 February 2010
Nathan Murray wat die naweek sy terugkeer maak tot die SWD krieketspan.
Die SWD krieketspan kry vanaf Donderdag op die REC op Oudtshoorn die geleentheid om te vergoed vir 'n onlangse paar teleurstellende vertonings wanneer hy KwaZulu Natal Binneland in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks pak.
Die tuisspan het 'n paar terugslae met beserings gehad staatmakers soos Rudi Hillerman en William Hantam sal nie die naweek in aksie wees nie. Dit het die deur oopgemaak vir Nathan Murray en Stefan Grobler terwyl die 18-jarige Riaan Botha wat tans goed op stryk is sy groot kans in groot geselskap kry. Hy sal die boulaanval saam met Wessel Hartslief begin. Sammy-Joe Avontuur en die kaptein Burton de Wett skuld die SWD groot beurte terwyl die paaljtiewagter/kolwer Roelof Hugo ook groter verantwoordelikheid as kolwer neem.
Die SWD is steeds sewende uit veertien spanne in die driedaagse kompetisie terwyl hulle na die negende plek in die eendaagse kompetisie teruggesak het.
Die volledige SWD span is: Burton de Wett (kaptein), Niel Bredenkamp, Sammy-Joe Avontuur, Gerhard Strydom,
Pieter Stuurman, Nathan Murray, Roelof Hugo. Stefan Grobler, Wessel Hartslief, Douglas Baartman, Riaan Botha,
Justin Jordaan en Bardo Fransman.
KZN Binneland: Tim Drummond (kaptein), Mario Olivier, Oliver Humphries, Bradley Moses Glen Addicott, Chad
Barron, Mbasa Gqadushe, Kimershan Chetty, Navaar Harridave, Richard Hlela, Deepak Anand, Prosper Tsvanhu.






















