UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PROMOSIE- EN RESERWELIGA
9 February 2010
NMMU het die afgelope naweek sy opmars na 'n plek in die semi-finale van die SWD Krieketraad se promosieliga 'n groot hupstoot gegee met twee oortuigende oorwinnings oor Dysselsdorp op Saterdag (met 7 paaltjies) en Sondag (met 202 lopies). Thembalethu het verras met 'n oorwinning van 3 lopies oor Blanco terwyl beide Knysna Kavaliers (klop Melkhoutfontein met 8 paaltjies) en Harlequins (klop Bongolethu met 3 paaltjies) hul posisies op die punteleer verstewig het.
Die volledige uitslae van die naweek is:
PROMOSIE LIGA
Dysseldorp teen NMMU
Dysseldorp 93; NMMU 94/3
NMMU wen met 7 paaltjies
Thembalethu teen Blanco
Thembalethu 127; Blanco 124
Thembalethu wen met 3 lopies
Mayflower teen Riversdal
Mayflower 44; Riversdal 45/1
Riversdal wen met 9 paaltjies
Selbourne teen Calitzdorp
Calitzdorp 100; Selbourne 89
Calitzdorp wen met 11 lopies
Melkhoutfontein teen Knysna Kavaliers
Melkhoutfontein 140; Knysna Kavaliers 144/2
Knysna Kavaliers wen met 8 paaltjies
Harlequins teen Bongolethu
Bongolethu 188; Harlequins 191/7
Harlequins wen met 3 paaltjies
NMMU teen Dysseldorp (Sondag)
NMMU 249; Dysseldorp 47
NMMU wen met 202 lopies
RESERWE LIGA
Bongolethu B teenSussex B
Sussex B 187; Bongolethu B 110
Sussex B wen met 77 lopies
Union Stars B teenUnion Stars C
Union Stars C 153; Union Stars B 154/4
Union Stars B wen met 6 paaltjies
Ramblers B teen Blanco
Ramblers 306; Blanco B 62
Ramblers wen met 244 lopies
Western Hope B teen Mosselbaai B
Mosselbaai B 194; Western Hope 195/9
Western Hope wen met 1 paaltjie






















