The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA

9 February 2010

In 'n opwindende naweek van klubkrieket in die SWD Krieketraad se premierliga het die liga voorloper, Spur George, sy eerste nederlaag op die lyf geloop terwyl die gedugte span van Union Stars vir die tweede naweek in 'n ry aan die verloorkant was.

Pacaltsdorp United het daarin geslaag om Spur George goedkoop vir slegs 110 lopies uit te boul en het daarna die wenteiken (111/6) vir 'n oorwinning van 4 paaltjies. Ruall de Reuck (34 met die kolf) en (3/24 met die bal) was Pacaltsdorp se groot uitblinker. Mosselbaai het op die Bridgton Sportterrein danksy 'n goeie kolfbydrae deur Brendell Carelse (58) 'n totaal van 198 op die telbord geplaas waarna hulle Union Stars vir 175 lopies uitgeboul het vir 'n oorwinning van 22 lopies. Burton de Wett (69) het hardnekkig vir die verloorspan gekolf terwyl Thomas Boucher (4/19) die wenspan se boulheld was.

Ramblers was Saterdag met 18 lopies aan die wenkant teen Pirates United nadat die span van Rosemoore 134 lopies behaal het en Pirates United daarna vir 116 lopies beperk het. Hulle het egter Sondag met 113 lopies teen Mosselbaai verloor nadat hulle slegs 86 lopies in antwoord op Mosselbaai se 199 (almal uit) kon behaal.

George teen Pacaltsdorp United

GEORGE 110 (Zibi Stegman 25, Ruall de Reuck 3/24, Denzil Marnewil 3/36)
PACALTSDORP UNITED 111/6 (Ruall de Reuck 34, Gilroy Saaiman 29, Danie Liversage 3/38, Wessel van Dyk 2/29)
Pacaltsdorp United wen met 4 paaltjies

Union Stars teen Mosselbaai

MOSSELBAAI 198 (Brendall Carelse 58, Nathan Murray 32, Roelof Hugo 27*, Burton de Wet 4/35)
UNION STARS 175 (Burton de Wet 69, Mario Jansen 38, Douglas Baartman 24, Thomas Boucher 4/19, Stefan Grobler 3/49)
Mosselbaai wen met 22 lopies

Pirates teen Ramblers

RAMBLERS 134 (Daniel Koert 72, Fabian Campher 22, Ruwayne Brinkhuys 6/26, Irvin Campher 2/10)
PIRATES 116 (Jody De Koker 24, Theo Claasen 3/38, Angus Roelfse 2/11, Benedict Smart 2/18)
Ramblers wen met 18 lopies

Mosselbaai teen Ramblers (Sondag)

MOSSELBAAI 199 (Stefan Grobler 57, Nathan Murray 37, Theo Claasen 2/30, Daniel Koert 2/27, Marshall De Klerk 2/44)
RAMBLERS 86 (Daniel Koert 23, Stefan Grobler 3/20, Ruaan Moore 2/2)
Mosselbaai wen met 113 lopies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors