SWD vs BOLAND
3 February 2010
Die SWD kolwer, Niel Bredenkamp, wat die afgelope naweek sy vierde eersterangse honderdtal (116; 154 balle, 1x6, 18x4) behaal het in die SWD se wedstryd teen Boland wat op Bolandpark in die Paarl beslis is. Bredenkamp het ook met die bal uitgeblink en 5/41 geneem.
Boland het in die driedaagse wedstryd danksy 'n puik beurt van 161 deur hul Cobra ster, Stiaan van Zyl 309/9 behaal met Niel Bredenkamp (5/41) wat vir die eerste keer in sy loopbaan vyf paaltjies in 'n beurt geneem het. Die SWD het daarna met 170 geantwoord en slegs Gerhard Strydom (68) en Pieter Stuurman (62*) kon as kolwers die mas opkom. Boland het in hul tweede beurt 237/4 behaal wat aan SWD die taak gelaat het om 377 vir 'n oorwinning te behaal. Die SWD het op die laaste dag die botoon gevoer en vir 101 boulbeurte gekolf en was aan die einde van die dag op 302/6. Bredenkamp (116; 154 balle, 1x6, 18x4) het skitterend gekolf en byna die wedstryd vir SWD beklink.
In die eendaagse wedstryd het die SWD 'n skaflike 259/7 behaal maar met Henry Davids (82) en Justin Ontong (122*) aan die spits het die Boland die wedstryd met 7 paaltjies gewen met nog 12 balle oor.
Die opgesomde telkaarte is:
Driedagse wedstryd
BOLAND 1ste Beurt 309/9 (Stiaan van Zyl 161, Leenert van Wyk 36, Niel Bredenkamp 5/41, Douglas Baartman 2/46)SWD 1ste Beurt 170 (Gerhard Strydom 68, Pieter Stuurman 62*, T Cloete 4/23, Johan Bothma 3/39, Hennie de Wet 3/53)
BOLAND 2de Beurt 237/4 verklaar (Omela Ramela 104, Uwe Birkenstock 80, Burton de Wet 2/28)
SWD 2de Beurt 302/6 (Niel Bredenkamp 116, Burton de Wet 44, William Hantam 39)
Onbeslis
Eendaagse Wedstryd
SWD 257/9 (Gerhard Strydom 59, Burton de Wet 53, Pieter Stuurman 46*, Hennie de Wet 4/54 )BOLAND 258/3 (Justin Ontong 122*, Henry Davids 82)
Boland wen met 7 paaltjies






















