UITSLAE SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA
2 February 2010
Ramblers het die afgelope naweek verras toe hy Union Stars met 7 paaltjies verslaan het in die Premierliga kompetisie van die SWD Krieketraad. Dit was Ramblers se eerste oorwinning van die seisoen nadat hulle Union Stars vir slegs 81 lopies uitgeboul het en daarna die wenteiken (83/3) maklik verbygesteek het.
In ander wedstryde het Pacaltsdorp United vir Sussex met 44 lopies verslaan nadat Gilroy Saaiman (99*) vir die wenspan met die kolf uitgeblink het in hul kolftotaal van 207/9. Sussex is daarna vir 163 lopies uitgeboul. George is steeds onoorwonne nadat hulle ondanks 'n lae eerstebeurt totaal van 131 vir Western Hope toto 69 lopies beperk het vir 'n oorwinning van 62 lopies. Andrew Moolman (6/35) was George se groot uitblinker met die bal.
Mosselbaai het sy plek in die semi-finaal verseker met 'n oorwinning van 134 lopies oor Pirates United. Christo van Schalkwyk (74) en Brendell Carelse (55) was die wenspan se kolfhelde in hul beurtotaal van 238/6. Pirates is daarna tot slegs 104 lopies beperk.
Opgesomde Telkaarte
Sussex teen Pacaltsdorp United
PACALTSDORP 207/9 (Gilroy Saaiman 99*,Micheal Eksteen 52, Godwin Plaatjies 5/30)SUSSEX 163 (Reduan London 35, Rowan Groenewald 31, Gilroy Saaiman 4/23, Nigel Brouwers 4/36)
Pacaltsdorp wen met 44 lopies
Union Stars teen Ramblers
UNION STARS 81 (Geoffrey Perel 24, Theo Claasen 4/23)RAMBLERS 83/3 (Fabian Campher 25*)
Ramblers wen met 7 paaltjies
Western Hope teen George
GEORGE 131 (Martin Coetzee 23, Kevin Damons 35, Enverino Swartz 4/22)WESTERN HOPE 69 (Andrew Moolman 6/35)
George wen met 62 lopies
Mosselbaai teen Pirates United
MOSSELBAAI 238/6 (Christo van Schalkwyk 74, Brendall Carelse 55)PIRATES UNITED 104 (Marshall Philander 40, Nathan Murray 3/25, Thomas Boucher 3/33)
Mosselbaai wen met 134 lopies






















