VOORSKOU: LIGABEPALINGS SWD KRIEKETRAAD (30/31 JANUARIE 2010)
26 January 2010
Die elfde van veertien rondtes in die premierligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek beslis. Sussex pak Pacaltsdorp United op sy tuisveld en benodig niks minder as 'n oorwinning om in die wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte te bly. Western Hope en George spook sake op die Bridgton Sportterrein uit, Mosselbaai speel teen Pirates op die Van Riebeeckstadion terwyl Union Stars en Ramblers mekaar op die Bridgton Sportterrein aandurf.
Verskeie wedstryde word ook in die promosie- en reserweliga gespeel.
Die volledige bepalings vir die naweek is:






















