SWD KRIEKETRAAD PREMIERLIGA UITSLAE
26 January 2010
George is na die tiende rondte wedstryde in die SWD Krieketraad se premierliga steeds die enigste onoorwonne span in die liga en beklee derhalwe die boonste posisie op die punteleer. George, wat 176 lopies in hul kolfbeurt teen Sussex behaal het, was met 44 lopies aan die wenkant nadat hulle Sussex daarna vir 32 lopies uitgeboul het.
Pacaltsdorp United is terug op die wenpad nadat hulle Western Hope maklik met 7 paaltjies verslaan het. Western Hope kon net 74 lopies in hul kolfbeurt bymekaar skraap waarna Pacaltsdorp 'n voltal bonuspunte ingeoes het en die wenteiken maklik (75/3) afgekolf het. Union Stars het op Knysna ook maklik met Pirates United afgereken. Pirates is vir slegs 87 lopies uitgeboul waarna Union Stars (90/3) ook 'n voltal bonuspunte behaal het met 'n oorwinning van 7 paaltjies.
Ramblers en Mosselbaai was nie die naweek in aksie nie.
Die opgesomde telkaarte is:
George teen Sussex
GEORGE 176 (Martin Coetzee 84, Regarth Olckers 4/42, Emile Esau 4/15)SUSSEX 132 (Friedl October 24, Rowen Groenewald 21, Reduan London 31, Willem Basson 2/15, Danie Liversage 2/23)
Goerge wen met 44 lopies
Pacaltsdorp United teen Western Hope
WESTERN HOPE 74 (Enver Bezuidenhout 2/12, Rodger Willeman 2/21, Nigel Brouwers 2/15, Dale Spence 2 /12)PACALTSDORP 75/3
Pacaltsdorp wen met 7 paaltjies
Pirates teen Union Stars
PIRATES 87 (Marshall Philander 21, John April 4/10, Erin Ewerts 2/13, Charlton Schoeman 2/13)UNION STARS 90/3 (Erin Ewerts 29*, Warren Ekstraal 23*)
Union Stars wen met 7 paaltjies






















