The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

VOORSKOU: SWD vs GRIEKWAS

19 January 2010

Roelof Hugo

'n Taai stryd wag hierdie naweek op die SWD krieketspan wanneer hulle na Kimberley reis waar hulle die gedugte span van Griekwas vanaf Donderdag in 'n driedaagse wedstryd in die SA Lugdiens Uitdaagreeks op die Diamantovaal in Kimberley pak. Die eendaagse wedstryd word Sondag beslis. Griekwas is tans die verdedigende kampioene in die driedaagse reeks en vaar ook baie goed in die eendaagse reeks.

Die SWD is egter slaggereed vir die kragmeting en met alle spelers fiks behoort die Suid-Kapenaars hul man te staan. Die SWD se boulangel, Wessel Hartslief is slaggereed en hy sal na bykans drie maande op die krukkelys weer op sy pos wees. Dit lyk ook na 'n uitgemaakte saak dat die draaibouler, Justin Jordaan, wat reeds in drie eendag wedstryde gespeel het en voortreflik gevaar het sy eersterangse debuut in die driedaagse wedstryd behoort te maak. Wat die kolwers aanbetref skuld Sammy-Joe Avontuur, Burton de Wett en Rudi Hillerman die SWD groot beurte terwyl die aanvallende Roelof Hugo ook sy kant as kolwer sal moet bring. Griekwas beskik oor verskeie staatmakers en Wendell Bossenger, Charl Pietersen, Reeza Hendricks en Allan Kruger het almal reeds hul merk op franchise vlak gemaak het.

Die volledige SWD groep is: Burton de Wett (kaptein), Sammy-Joe Avontuur, Niel Bredenkamp, Gerhard Strydom, Rudi Hillerman, Pieter Stuurman, William Hantam, Roelof Hugo, Wessel Hartslief, Bardo Fransman, Douglas Baartman, Justin Jordaan en Merlin Masimela

Die SWD se paaltjiewagter/kolwer Roelof Hugo

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors