LIGA BEPALINGS: SWD KRIEKETRAAD
12 January 2010
Die ligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek voortgesit en met al die provinsiale spelers weer beskikbaar sal veral Union Stars die naweek uiters gedug wees wanneer hy Western Hope op die Bridgton Sportterrein aandurf. Mosselbaai pak Pacaltsdorp United op sy tuisveld en 'n nederlaag sal veral Pacaltsdorp se kanse op 'n plek in die semi-finaal knou.
Ramblers, wat relegasie in die gesig staar pak die onoorwonne liga voorloper, George, op sy tuisveld en het 'n oorwinning dringend nodig. George gaan egter op volle sterkte wees en sal 'n moeilike teenstander wees. Pirates United, wat met groot selfvertroue sal wees na hul oorwinning oor Pacaltsdorp reis na D'Almeida waar hulle Sussex aandurf. 'n Uiters interessante wedstryd word hier verwag. Die tuisspan beskik egter oor die dienste van sy SWD held, William Hantam.
Hierdie naweek se bepalings is:
Premierliga Mosselbaai vs Pacaltsdorp United, Union Stars vs Western Hope,
Ramblers vs George, Sussex vs Pirates
Promosieliga Knysna Kavaliers vs Thembalethu, Riversdal vs Blanco,
Pioneers vs Mayflower, Melkhoutfontein vs Hartenbos,
Ladismith vs Dysselsdorp,
Bongolethu vs Selbourne
Reserweliga George B vs Ramblers B, Pacaltsdorp United B vs George C,
Pirates B vs Blanco B
Vroueliga Mosselbaai vs Oudtshoorn, George vs Hessequa






















