The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

PUNTESTAND SWD KRIEKETRAAD & UITSLAE (5/6 DESEMBER 2009)

8 December 2009

Met die premierligakompetisie van die SWD Krieketraad wat die halfpadmerk bereik het is George steeds die enigste onoorwonne span in die liga en beklee die boonste posisie op die punteleer. George het Saterdag 'n oortuigende oorwinning van 129 lopies oor Pirates United behaal. George het danksy goeie kolfbydraes deur Wessel van Dyk (88*) en Grant Simpson (51) 281/6 in hul toegelate 45 boulbeurte behaal en Pirates daarna vir 152 lopies uitgeboul.

Pacaltsdorp United het op die Bridgton Sportterrein teen Union Stars vasgeval en het met 7 paaltjies teen die tuisspan verloor. Mario Jansen (4/24) en Douglas Baartman (3/22) was op stryk met die bal en Pacaltsdorp is vir slegs 110 lopies beperk waarna Union Stars 'n voltal bonuspunte verseker het en die wenteiken met nog 7 paaltjies staande verbygesteek het. Mosselbaai het sy buurman, Sussex, danksy goeie boulwerk deur Christo van Schalkwyk (3/8) en Rowan Moore (3/24) vir slegs 118 lopies uitgeboul en daarna die wenteiken met nog 5 paaljties staande verbygesteek. Mosselbaai het daarna die verlangde wenteiken (125/5) verbygesteek vir 'n oorwinning van 5 paaltjies. Roelof Hugo (42*) was Mosselbaai se kolfheld.

Western Hope het op die Rosemoor Sportterrein sy kanse vir 'n plek in die halfeindrondte lewend gehou met 'n oorwinning van 149 lopies oor Ramblers. Western Hope het 239 lopies behaal nadat Glenton Stuurman (52) en Niel Bredenkamp (46) met die kolf uitgeblink het en het Ramblers daarna vir slegs 90 lopies uitgeboul. Marchello Piedt (4/16), Wayne Gelant (3/26) en Niel Bredenkamp (2/9) was die wenspan se suksesvolste boulers.

Die opgesomde telkaarte is:

Union Stars teen Pacaltsdorp

PACALTSDORP 110 (Michael Eksteen 26, Maquen Meintjies 25, Mario Jansen 4/24, Douglas Baartman 3/22)
UNION STARS 111/3 (Sammy-Joe Avontuur 32, Merlin Masimela 30, Jason Le Kay 21)
Union Stars wen met 7 paaltjies

George teen Pirates United

GEORGE 281/6 (Wessel van Dyk 88*, Grant Simpson 51, Kevin Damons 29, Bronwill Goede 2/47)
PIRATES UNITED 152 (Bronwill Goede 37, Prieur du Plessis 3/20, Grant Simpson 2/35)
George wen met 129 lopies

Ramblers teen Western Hope

WESTERN HOPE 239 (Glenton Stuurman 52, Niel Bredenkamp 46, Whalin Davids 32, Phillip Rothman 4/23, Marshall de Klerk 3/23)
RAMBLERS 90 (Marshelo Piedt 4/16, Wayne Gelant 3/26, Niel Bredenkamp 2/9)
Western Hope wen met 149 lopies

Sussex teen Mosselbaai

SUSSEX 118 (Tyron Lewis 37, Christo van Schalkwyk 3/8, Rowan Moore 3/24)
MOSSELBAAI 124/5 (Roelof Hugo 42*, Christo van Schalkwyk 28)
Mosselbaai wen met 5 paaltjies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors