The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

UITSLAE: SWD KRIEKETRAAD PRO 20

14 December 2009

Pro 20 19: Pieter Stuurman (middel), kaptein van Union Stars, ontvang die Trofee as wenners van die SWD Krieketraad se Pro20 uitklopreeks van Rudy Claassen (links), President van die SWD Krieketraad. Albertus Kennedy (Bestuurder van SWD Krieket) is regs op die foto.

Die Union Stars Krieketklub van Oudtshoorn is die nuwe Pro 20 kampioene van die SWD Krieketraad nadat hulle George Sondag in die finaal op die REC in Oudtshoorn maklik met 5 paaltjies verslaan het. Die twee spanne het mekaar in die finaal ontmoet nadat hulle beide met gemak hul halfeindstryde vroeer die dag gewen het.

Union Stars in die eerste halfeindrondte wedstryd danksy goeie kolfbeurte deur Waldo Lategan (59*), Pieter Stuurman (49*) en Andre Olivier (49) 'n reuse totaal van 209/3 teen die verdedigende kampioene, Pacaltsdorp United, op die telbord geplaas. Akkurate boulwerk het die Pacaltsdorp kolwers tot slegs 132/7 beperk vir 'n oorwinning van 77 lopies aan Union Stars. Mosselbaai se kolwers kon nie die George boulaanval van William Basson (3/5), Peter Shamley (3/14) en Rudi Hillerman (2/6) baasraak nie en hulle is vir slegs 75 lopies uitgeboul. George het daarna die wenteiken (79/1) met nog 9 paaltjies staande verbygesteek.

In die eindstryd het George die loot gewen en eerste gaan kolf maar dit was die boulwerk van die SWD-bouler, Merlin Masimela (5/12) wat George se kolfbeurt ontspoor het toe hulle vir slegs 88 lopies uitgeknikker is. Union Stars het daarna met min moeite die wenteiken (89/5) in die 14de boulbeurte behaal vir 'n oorwinning van 5 paaltjies.

Die opgesomde telkaarte is:

SEMI-FINALE

Union Stars teen Pacaltsdorp

UNION STARS 209/3 (Waldo Lategan 59*, Pieter Stuurman 49*, André Olivier 49)
PACALTSDORP 132/7 (Ruall Reuck 55, Marquen Meintjies 19, Douglas Baartman 2/16, Merlin Masimela 2/23, André Olivier 2/25)

Union Stars wen met 77 lopies

George teen Mosselbaai

MOSSELBAAI 75 (Christopher Bosch 15, William Basson 3/5, Peter Shamley 3/14, Rudi Hillerman 2/6)
GEORGE 79/1 (Martin Coetzee 33*, Rudi Hillerman 32*) George wen met 9 paaltjies

FINAAL

George teen Union Stars

GEORGE 88 (Wessel van Dyk 26, Merlin Masimela 5/12, Ambrose Carelse 2/17)
UNION STARS 90/5 (Jason Le Kay 24, Waldo Lategan 23) Union Stars wen met 5 paaltjies

Pro 20 17: Die span van Union Stars wat die naweek die Pro20 uitklopkompetisie van die SWD Krieketraad gewen het is agter: Derrick Jackson (Klubvoorsitter), Jason LaKay, Geoffrey Pêrel, Merlin Masimela, Reagan Booysen, Elridge Booysen en Chris Andries (Spanbestuurder). Voor is Ambrose Carelse, Douglas Baartman, Mario Jansen, Waldo Lategan, André Olivier en Pieter Stuurman (kaptein)

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors