SWD KRIEKET
5 January 2010
Die plaaslike ligakompetisie van die SWD Krieketraad word die naweek hervat na die Kersvakansie en dit is veral twee wedstryde in die Premierliga wat groot belangstelling wek. Die liga voorloper en onoorwonne span van George pak Union Stars op sy tuisveld, Rooirivier-rift, en met beide spanne sonder hul provinsiale staatmakers is George met 'n kort-kop die gunsteling. In die ander wedstryd van groot belang sal Mosselbaai op sy beste moet wees om sy aanspraak vir 'n plek in die halfeindrondte te verseker wanneer hy Western Hope op die Van Riebeeckstadion aandurf. In die ander twee premierliga wedstryde speel Pirates tuis teen Pacaltsdorp United terwyl Ramblers vir Sussex op Rosemoore aandurf.
'n Wedstryd wat die naweek met groot belangstelling dopgehou gaan word is die vroueliga wedstryd tussen Mosselbaai en George. Verskeie wedstryde word ook in die Promosie- en Reserweliga gespeel.
Die volledige program is:
Premierliga George vs Union Stars, Mosselbaai vs Western Hope, Pirates vs Pacaltsdorp United en Ramblers vs Sussex
Promosieliga Thembalethu vs Riversdal, Pioneers vs Melkhoutfontein, Blanco vs Mayflower, Hartenbos vs Knysna Kavaliers, Ladismith vs Harlequins, Calitzdorp vs Dysselsdorp
Reserweliga Mosselbaai B vs Bongolethu B, Union Stars C vs Sussex B, Union Stars B vs Western Hope B, Pirates B vs Ramblers B, Pacaltsdorp United B vs Knysna B, Blanco B vs George C
Vroueliga SWD O/18 vs Hessequa, Mosselbaai vs George
Promosieliga (Sondag) Thembalethu vs Melkhoutfontein
Reserweliga (Sondag) George B vs Blanco B, Knysna Kavaliers B vs George C






















