The official Online Home of the South Western Districts Cricket Board, Southern Cape, South Africa
Sub Navigation
SWD Cricket
Kango Wines
Kleinplaas Holiday Resort
Xocet Sports Wear
WebWorX - Making the Web work for You
African Sky - Hotels, Spas, Resorts
ESPN Cricinfo - Cricket News, Live Scores, Statistics

<< Terug na Vorige Bladsy

KRIEKET SUID-AFRIKA UITDAAGREEKS (SWD vs NOORDWES)

21 December 2009

Die hoogtepunt van die SWD se eerste kolfbeurt in die driedaagse wedstryd was 'n aanvangsvennootskap van 201 lopies (212 minute) om die eerste paaltjie tussen Sammy-Joe Avontuur (90; 152 balle, 13x4) en Niel Bredenkamp (91; 156 balle, 15x4). Dit is egter steeds 2 lopies minder as die SWD rekordvenootskap om die eerste paaltjie wat Avontuur en Jonathan Beukes in die 2007/08 seisoen behaal het.

Die krieketspan van die SWD het die afgelope naweek weer eens sy stem behoorlik dik gemaak en is nou sterk in die wedloop vir 'n plek in die halfeindrondte van die eendag kompetisie in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks. Die SWD het Noordwes op Senwes Park in Potchefstroom met 20 lopies in die eendag wedstryd geklop terwyl die driedaagse wedstryd onbeslis ge-eindig het.

In die drie-daagse wedstryd het Noordwes 341/9 behaal waarna die SWD kolwers behoorlik hul staal gewys het en 425/7 op die telbord geplaas het vir 'n voorsprong van 84 lopies. Die hoogtepunt van die SWD kolfbeurt was 'n aanvangsvennootskap van 201 lopies (212 minute) om die eerste paaltjie tussen Sammy-Joe Avontuur (90; 152 balle, 13x4) en Niel Bredenkamp (91; 156 balle, 15x4). Noordwes is in hul tweede beurt vir 265 lopies uitgeboul wat aan die besoekers die taak gelaat het om 182 lopies te behaal om die wedstryd te beklink. Die Noordwes boulers het egter hard teruggeslaan en met die SWD se telling op 121/8 het 'n donderstorm 'n vroee einde aan die wedstryd gebring.

In die eendaagse wedstryd het die SWD 250/9 behaal danksy verskeie goeie kolfbydraes waarvan William Hantam die beste was. Die SWD boulers het vroeg die druk op die tuisspan se kolwers geplaas en was dit veral Douglas Baartman (2/30), Garry Hampson (2/36) en Justin Jordaan (2/58) wat goed geboul het.

Die opgesomde telkaarte is:

DRIEDAAGSE WEDSTRYD

NOORDWES (1ste beurt) 341/9 (Christiaan Jonker 40, Brett Pelser 163*, Claude April 51, William Hantam 2/64, Douglas Baartman 2/42, Rudi Hillerman 2/78) en 2de beurt 265 (Christiaan Jonker 40, Brett Pelser 47, Chris Morris 70, William Hantam 4/70, Douglas Baartman 2/66, Niel Bredenkamp 2/31)

SWD 1ste beurt 425/7 (Sammy-Joe Avontuur 90, Niel Bredenkamp 91, Gerhard Strydom 55, Rudi Hillerman 62*, Pieter Stuurman 47, William Hantam 25, Jimmy Kgamadi 3/86) en 2de beurt 121/8 (Pieter Stuurman 25, William Hantam 46, Jaco Campher 4/56, Vusu Mazibuko 3/32)

Onbeslis

EENDAAGSE WEDSTRYD

SWD 250/9 (Niel Bredenkamp 28, Burton de Wett 26, Rudi Hillerman 31, William Hantam 53, Pieter Stuurman 27, Roelof Hugo 34, Jaco Campher 2/44, Kylin Vardhan 2/46)

NOORDWES 230/9 (Andrea Agathagelou 46, Brent Pelser 72, Kylin Vardhan 72, Douglas Baartman 2/30, Justin Jordaan 2/58, Garry Hampson 2/36)

SWD wen met 20 lopies

<< Terug na Vorige Bladsy

Copyright © 2010  ::  SWD Cricket  •  Site by:  WebWorX
SA Cricket
Cricket South Africa
SWD Cricket
Bakers Mini Cricket
Bakers Mini Cricket
Die Burger
Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn Accommodation and Info
The Chevrolet Warriors