UITSLAE IN PROMOSIELIGA
24 November 2009
Bongolethu het die naweek vir 'n groot verrassing gesorg toe hulle Harlequins Magte in die Promosieliga van die SWD Krieketraad met 61 lopies verslaan het. Bongolethu het 188/9 opgestapel waarna hul Harlequins vir slegs 150 lopies uitgeboul het.
In ander wedstryde het Selbourne vir Calitzdorp met 61 lopies geklop terwyl Hartenbos sy posisie op die punteleer verstewig het met 'n oorwinning van 8 paaltjies oor Pioneers. Knsyna Kavaliers het Melkhoutfontein maklik met 8 paaltjies geklop, Mayflower was met 5 paaljties baas teen Riversdal terwyl Blanco ook weer op die wenpad is met 'n oorwinning van 5 paaltjies oor Thembalethu.
Die opgesomde telkaarte is:
Calitzdorp vs Selbourne
Selbourne 109/9; Calitzdorp 48
Selbourne wen met 61 lopies
Bongolethu vs Harlequins
Bongolethu 188/9; Harlequins 150
Bongolethu wen met 38 lopies
Hartenbos vs Pioneers
Pioneers 118; Hartenbos 119/2
Hartenbos wen met 8 paaltjies
Riversdal vs Mayflower
Riversdal 117; Mayflower 123/5
Mayflower wen met 5 paaltjies
Knysna Kavaliers vs Melkhoutfontein
Melkhoutfontein 47; Knysna Kavaliers 48/2
Knysna Kavaliers wen met 8 paaltjies
Blanco vs Thembalethu
Thembalethu 121; Blanco 122/5
Blanco wen met 5 paaltjies






















