SWD VROUE PAK GRENS EN OOSTELIKE PROVINSIE
18 November 2009
Die SWD vroue krieketspan sal graag hierdie naweek hul merk wil maak in die Krieket SA Vroue Uitdaagreeks wanneer hulle die Grens en die Oostelike Provinsie in Oudtshoorn aandurf.
Die SWD dames het verlede seisoen hul beste seisoen ooit gehad en die span sal graag wil voortbou op hul sukesesse ondanks die feit dat hulle hul eerste twee wedstryde teen onderskeidelik die WP en die Boland verloor het. Die vertonings van veral Elzaan Pietersen, Annemie Koen, Hensculla Hoffman en Rebecca Grundy is belangrik om sukses vir die tuisspan te verseker. Die wedstryde word op die Bridgton Sportterrein beslis en die wedstryd teen Grens vind Saterdag plaas en die teen die Oostelike Provinsie word Sondag afgehandel.
Die SWD groep vir die wedstryd is: Bernadine Bezuidenhout, Gail Abrahams, Sonet Fourie (kapteine), Annemie Koen, Yolandi Saaiman, Caroline Taylor, Lache Hammond, Henchulla Hoffman, Berenice Goliath, Rebecca Grundy, Marnizelle Rabie en Elzaan Pietersen.






















